Profile photo of VozSola

by

laatnag gorrels…

Januarie 23, 2012 in Sonder kategorie

Gedienstig, gedwee, spiraal ons eerder met natuurlike gravitasie af as op, of is dit illusie belaai van op eerder as af? Of is die begin van ‘n sirkel juis dit, die begin, en nooit ook die einde nie? Dat selfs lopende skrif ook ‘n stop teken benodig? En as die wind van voor teen jou waai, hoekom kan ons nie gewoon ons rug draai en dit eerder van agter kry nie? Of dink jy ook as jy op jou kop sal staan die reën eerder van onder na bo sal val?

Dit maak dus nie regtig saak hoe jy soms ‘n saak benader nie, sommige dinge sal nooit kan verander nie, sommige mense ook nie. Net soos ware eerlikheid, respek, etiek en empatie…en om eerder saam met die kosmos, fate and the powers that be te beweeg, as teen dit…want een ding is seker, hulle weet waarheen hulle oppad is, dis net ons wat nie weet nie…en daarom is ons bang om te volg…want ons wil eerder lead…as to be the mere follower…

En ons kan nie lei as ons nie die pad ken nie…want selfs ‘n GPS kan sein verloor…

Moral is…al lyk dinge soms anders, funksioneer dit altyd dieselfde…

Laat my dink aan wat Day Walker gesê het, daar is net geen verskil tussen one ply and two ply nie…dit net met one ply moet jy twee keer vee!

5 antwoorde op laatnag gorrels…

  1. avega het gesê op Januarie 23, 2012

    Jy’s reg nie baie dinge verander nie, net die manier hoe ons daarna kyk.

  2. sirpsa het gesê op Januarie 23, 2012

    O, ek’s mal oor die wind van voor! Waai my hare uit my gesig uit.

  3. Ek het dit al ‘n paar keer gese, maar die keer kom dit hier tereg….Hartman se altyd:

    Almal staan teen die muur en pis ‘n plas
    en alles bly net soos dit was.

  4. TS het gesê op Januarie 24, 2012

    Net so…

  5. nou smile ek

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.