sommer maar net…
Desember 3, 2011 in Sonder kategorie
Woorde-Wals
In woordelose geestes-klank
weerklink die skrywers noot
opnuut ‘n nuwe woorde wals
so op die maat van vier tot agt
in wals geheel
tot ritmies foutloos gly
Geletter eb en vloed
‘n rol, ‘n dreun
die bruisende geluk
en stadig nou…O, vinnig gou
opvolgende gespeelde klank
‘n klank geraas
so suutjie sag en fluister hard
in vallende gemoed
dan reis op vlerke van die wind
Die swerwers groet
het vaste denke vasgevang
en vry gemaak tot vasgenael
verewig ink, papier gesink
in stomme siel geëts
soms rymloos, dankbaarheid
Woordloos Letter ink
vreesloos hart beklink
ongeskonde volgemaak
leë pen vir diè saak
op papier van hierdie
in geskets woorde-wals
©
Onlangse kommentare