Hey daar.
Desember 27, 2011 in Sonder kategorie
… xmas is verby…
Nuwe jaar kom nog…
En ek weet van minder wat wag…
Want die lewe is soms fair…
En ander kere so damn unfair…
As die engele ander kom moet kom haal…
Die bush babies kuier steeds elke aand op die stoep…en vroeg oggend net voor vyf uur ook…
Die boek se bladsye raak minder…en nog een lê en wag…
Net soos die grootoog drome wat laatnag soos sterre deur die plafon verskiet…
…en steeds net die blanko gedagtes wat soos wind deur my lippe fluit…
…tot ek eendag groot is…en kan woorde vorm…
…moet ek steeds fluit-fluit sit en luister.
loudavisi het gesê op Desember 28, 2011
xxx
TS het gesê op Desember 28, 2011
Hoe lyk die hande?
HeavyHenry het gesê op Desember 28, 2011
Nice!
bloukaap het gesê op Desember 28, 2011
jy kan laaaankal woorde vorm ….