by

As Kersfees jou verby gaan…(Waarskuwing – a Xmas mood-swing)

Desember 21, 2011 in Sonder kategorie

…is dit dalk tyd vir ophou wonder. Miskien nie.

Ek haat die skynheiligheid wat agter kersfees skuil…tussen die til-slaan mammas en die voorbarigheid van ‘n merry-merry van die karwag. Die xmas carols in shops wat meer as net jou 14% VAT steel. Die skielike God Bless van elke Jan Rap en sy maat. Ek haat die skuldgevoel wat dit meebring as jy ewe skynheilig ‘n merry-merry sonder die merry terug antwoord. Ek haat die bling-bling aan ‘n plastic tree en singing xmas lights wat net Eskom kan bly maak.

Ek haat die geskenke ten duurste gekoop ‘n uur of wat voor toemaak tyd…en drie dae later teen halfprys op dieselfde rak pryk…so half uit lekker kry… Ek haat die idée dat almal vir xmas lunch op restaurant toesak…en kersaand self, mense van garage na garage ry op soek na ‘n take-away of ‘n pie…want almal is toe…vir die verkeerde redes.

Ek haat dit wat die wêreldse dinge aan xmas gedoen het. Ek haat die feit dat selfs ongelowiges voordeel uit onse xmas moet trek…

Kortom, hierdie jaar is een xmas (materialisties) wat maar met spoed van ‘n Santa-sleë, maar vinnig by my kan verby gaan.

Hier’s geen xmas boom by ons nie. Hier gaan geen geskenke wees nie. Hier gaan met bietjie spaargeld benodighede vir ‘n braai gekoop word. Laataand se buite sit en sterre kyk. Dit gaan onse xmas wees. Sonder die oordadige merry-merry. Sonder die bling-bling. Sonder die klingende kleingeld in die sak, gaan xmas wees soos elke ander dag. Skoolklere en mediese rekeninge het slegs die gat vir die boom agtergelaat.

Ja, ek voel skuldig omdat ons nie hierdie kan bekostig om vir my ouers te gaan kuier nie. Ek besef al te goed, nes my suster, dat dit dalk my pa se laaste xmas gaan wees. Maar ek wil nie so daaraan dink om te gaan moet kuier net om te gaan ‘groet’ nie. Ek kan mentally nooit so iets doen nie. Ek wil dan liewer herinneringe behou van ons laaste kuier saam. Natuurlik sonder verwagtinge en verskuilde agendas.

Hierdie is ‘n kersfees wat net moet verby waai, soos die donderwolke van vroegmiddag. Dit bekruip jou met ‘n groot geraas…dan waai die wind in ‘n ander rigting…en skielik skyn die son weer. Dis hoe ek kersfees wil ervaar.

Dit was ‘n bitter jaar. Dit was ‘n swaar jaar. Dit was ‘n sad jaar. Die einde is nog nie in sig nie. Die son het nog nie kom skyn nie…

Maar ek het vanaand iets gedoen wat ek graag as kind gedoen het…in die donker onder ‘n boom op die gras gaan lê, met die mooiste musiek vanuit my earphones…en opgekyk. Dit is soooo ‘n amazing view en so amazing om die ware essensie van perspektief te kan ervaar. Ons loop onder deur bome. Ons sit onder bome…maar selde ooit dat ons opkyk. Dit wat jy so ervaar, in die donker- tussen bas en blare, sterre en wolke is sowaar fantasties!!! En ek het iets binne my ervaar wat ek nie in woorde kan uitdruk nie…ek het opgelig en gesweef…en afgekyk…na waar ek steeds daar lê…en dit wat ek gesien het…was so donders sad… (diegene wat weet, sal weet hoekom )

Ek gaan ou-kersaand vir my ‘n grasbed onder daai boom maak. Ek gaan bid en ek gaan myself in stilte oorgee aan dit wat nodig is om te doen, te dink, te verstaan, te wonder, te vra en te ervaar…te skree, te sing, te lag, en miskien te huil…

Wie weet, miskien verander dit oornag ook die perspektief wat die spieël so graag elke dag met my wil deel…en wie weet, dalk verklap die spieël van binne ook ‘n waarheid of twee…

Mag jy ook kersaand die sterre tussen die blare sien…en dalk ook iets van ‘n waarheid sien wat skielik alles in jou lewe kan verander.

Dit was skielik

En dan

Miskie in daar meer

En miskien

Is

Dit

Al

12 antwoorde op As Kersfees jou verby gaan…(Waarskuwing – a Xmas mood-swing)

  1. Ek hoop jy kry vrede, regtig.

  2. Berwick het gesê op Desember 22, 2011

    Goed gaan.

  3. Ek stem saam oor al die plestiek krismis goed.

    Geniet jou opdiegrasonderdieboomensterre-tydjie.
    Dink aan jou.
    xxx

  4. My sentiments, exactly.
    10/10!

  5. UNPOCO het gesê op Desember 22, 2011

    Ek hoop dat die nuwe jaar vir jou baie,baie meer goeie dinge sal inhou as wat jy ooit verwag het. Dat jy nadat die plastiek x-mas verby is, weer onder die sterre kan gaan lê en insig sal vind vir alles wat in plek moet val. Ek wens vir jou net die beste want dis wat elkeen van ons verdien, omdat ons IS!

  6. Unpoco sê so mooi wat ek ook graag vir jou wens vir Kersfees!

  7. VozSola het gesê op Desember 22, 2011

    dankie…en vir jou ook!

  8. VozSola het gesê op Desember 22, 2011

    Hallo’s…
    Dankie.

  9. VozSola het gesê op Desember 22, 2011

    Ai dankie Lou…
    en ek wens vir jou ook so ‘n tydjie…want ek het baie aan jou gedink.
    XXX

  10. VozSola het gesê op Desember 22, 2011

    !!!
    Ek’t geweet jy sou saamstem!

  11. VozSola het gesê op Desember 22, 2011

    sjoe…dis die mooiste wens en hoop wat iemand my in ‘n lang tyd gegee het…
    opreg dankie aan jou!

  12. VozSola het gesê op Desember 22, 2011

    Baie dankie…
    ek is opreg dankbaar…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.