by

Always go back to basics

Desember 13, 2011 in Sonder kategorie

Na gisteroggend se 6 buisies bloed trek…en nog ‘n EEG kry ek vanmiddag ‘n oproep van die neuroloog. EEG normaal. Elke liewe bloedtoets van a-z ingelsuit koper, kalium en ander…plus elke ander vitamien vlak, thyroid, suiker en ander onuitspreekbare name en goeters wat nog getoets is…is alles perfek en normaal…

…dankbaar gee ek ‘n sug van verligting.

Maar uit blote desperaatheid en ‘n dik, stywe en nou al ‘n baie seer vinger wat glad nie meer buig nie, en vinger se maatjie wat Big Ben se sekonde wyser soos ‘n baby laat tik, stap ek vanmiddag my seun se dokter se spreekamer binne.

“ Hierdie vinger is styf vir solank. Hierdie vinger ruk vir solank. Hierdie vinger volg daardie een.”

“Wat is fout?”

Hy vat my hand. Druk op ‘n plek op my vinger wat sooooo seer is, ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Huil sommer net uit frustrasie ook. “Dit is rheumatic arthritis met bietjie baie inflammation in hierdie vinger…moes al ‘n hele ruk so gewees het en die senuwees van hierdie en daardie is connected wat die ander se senuwees irreteer.”

Hier ‘n pilletjie vir die inflammation, en ‘n ander om die ergste bewerigheid te verminder.

Da, net so. Alles in tien minute.

Nou wonder ek… waar het alles deurmekaar geraak tussen my GP, die psigiater wat my paniek versteuring se medikasie dosis moes uitsorteer, na ‘n neuroloog, ‘n EEG, ‘n MRI, valse alarms, tweede neuroloog, nog EEG en honderd bloedtoetse…terug tot by ‘n gewone GP vir ‘n pilletjie vir inflammation?

Ok oor die rheumatic arthiritis sal ek later oor kommer…want my ma se hele familie het dit…so ek sal op my eie tyd hierdeur gaan.

Vir eers wee ek nie of ek moet bly wees of huil nie?

Maar nou wonder ek weer, kan dit dan regtig so eenvoudig wees…en indien wel…hoe kan ander dokters dit nie opgetel het nie. Ja, die 2de neuroloog se hoofpyn verklaring en medikasie werk. Die inner tremors is bloot angs en stress en maak blykbaar deel uit van die paniek versteurings…

En bewerige (Baie-baie bewerige) onbeheheerde vingers is bloot uit senuwee meegevoel vir hulle se middelste maatjie wat bietjie baie eina is?

Indien wel, is dit flippen amazing!

Indien nie, wat dan?

En wat van al die stress, die worry, die rondskarrel, die valse alarms ens. En ironies genoeg toe ek die dokter na die tyd vertel waardeur ek alles is om tot op hierdie punt te kom…vra hy of enige dokter ooit na my hand self gekyk het? NEE, hulle het nie! Hulle het net gestaar en alles direk kop toe gevat. (no pun intended)

Groot les wat ek geleer het. As jou vinger seer is, moenie na ‘n dokter/s luister wat ‘n pleister op jou kop wil plak nie. Die probleem is die vinger! Stick to the problem. As hulle nie die ooglopende kan sien nie, soek een wat kan. Ek kon nege duisend rand gespaar het!

Hierdie ondervinding het ongelooflik baie emosionele skade en onnodige trauma aangerig en natuurlik intussen net die paniek aanvalle vererger.

Miskien moes ek na my suster luister. Sy sê, “Moer strip twee keer ‘n dag is ‘n moet”

13 antwoorde op Always go back to basics

  1. wesnwew het gesê op Desember 13, 2011

    ek stem vir daai Gp for president!
    Dis ongelukkig hoe dit gaan met dr’s en baie keer die spesialiste… Ek noem dit die run-away-train…
    Dit kan presies so eenvoudig wees! Rerig!
    Was jy al by ‘n homeopaat? Dis dalk net die moeite werd!

  2. Dis insane!!!!!
    Ek hoop jou dinge word nou sommer vinnig beter!
    (My ouma het erg osteo-arthritis, blykbaar help so ‘n teelepel rooipeper op ‘n koppie water en cranberry juice – nee, nie saam nie – baie vir die ongemak).

  3. avega het gesê op Desember 14, 2011

    Nou weet jy gelukkig daar’s niks erens anders fout nie. Hoop die vingers is gou beter.

  4. UNPOCO het gesê op Desember 14, 2011

    Ah! Klink so bekend na wat ek alles deur is die afgelope paar maande. Dis die verskil tussen die gewonde medisie en die homeopatiese dokters. Ek twyfel of ek myself ooit weer sover sal kry om een van hulle te besoek. Na talle toetse en ondersoeke (soos met jou) het ek beter geword met die kruie medisyne. Ek wil vir jou raad gee vir daai bewerigheid maar ek sal jou pm. Jy het nog nie my ander PM geantwoord nie.

  5. vertel die neuroloog hy moet sy eie vinger in sy eie hol druk en dit met geweld afbreek …..
    mas o menos
    hehehe

  6. VozSola het gesê op Desember 14, 2011

    hey daar, ek gaan, wil net sien hoe hierdie nuutste oplossing uitdraai…so ek gaan rukkie kans gee…(maar vandag is my vinger lekker styf en geswel…)

  7. VozSola het gesê op Desember 14, 2011

    was voorheem by een of twee vir ander redes…maar staan verdeeld oor die ondervindings.

  8. VozSola het gesê op Desember 14, 2011

    dankie!!!My pa het ook…maar sy vingers is seriously krom getrek…

  9. VozSola het gesê op Desember 14, 2011

    Dankie!
    en dankie vir jou gedagtes…

  10. VozSola het gesê op Desember 14, 2011

    oooh, ek het geen pm ontvang nie!!!!
    Ek ken ook ‘n paar mense met rowwe ondervings…en glo steeds aan ou boere en kruie raad…en dit werk…

  11. VozSola het gesê op Desember 14, 2011

    hehehe…sou eerder dink in sy oor indruk en sy brainprogram change!!!

  12. TS het gesê op Desember 14, 2011

    Ai ek is bly ons is by ‘n oplossing… Sterkte

  13. Hi ek het na ‘n neuroloog gegaan – met ‘n baie seer nek – pins en needles af tot in my skouer = hy bevind ek het karpale tonnel disfunksie – omw – daar is niks met my hande verkeerd nie – na sesduisend rand later – ook vir scans en tweede en derde opinies – het ek toe ‘n werwel wat besig is om te disintegreer – niks met my karpale tonnels fout nie!!! Mens weet nie meer nie – ek het hom gebel en gevra of hy nie dalk ‘n ander pasient se verslag voor hom gehad het toe hy myne geskryf het nie – en toe vra hy my – wie is die dokter hier ek of jy !!! hy sal my nooit weer sien nie!! dis verseker !!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.