by

My friend the wind…(then maybe not?)

Desember 2, 2011 in Sonder kategorie

As die wind ‘n woord sou steel, sou dit sê wat ek hier wil sê, of dalk sou dit net bly dwarrel en binne ‘n gat gaan lê?

As die wind ‘n woord sou steel, sou dit vra wat ek hier wil vra, of dalk sou dit in ‘n stofwolk oor ‘n pad gaan lê?

As die wind ‘n woord sou steel, sou dit verklaar wat ek nie kan, of dalk sou dit in vlaktes soos blomme besaai gaan lê?

As die wind ‘n woord sou steel, sou dit ooit met sout kon meng, of dalk net van binne swaar op die gemoed gaan lê?

As die wind kon ophou woorde steel, kon ek dalk weer met woorde speel en verklaar hoekom die ware woorde soms onverklaarbaar opraak want soms is die stem wat stom is, juis die woorde wat die hardste praat.

Mmm… ek wonder wie het dan al my woorde vir stomheid verruil…want alles het skielik oornag in die niet verdwyn…

Ek weet vir ‘n feit elke gesteelde woord is ‘n flymskerp mes toegedraai in satyn…

En fok, dit sny fyn…soms sommer fyn en flenters…en dan op ‘n dag is ‘sorry’ nie meer ‘n salfie nie, maar eerder ‘n infeksie!

Dis al.

En

Dis genoeg.

8 antwoorde op My friend the wind…(then maybe not?)

  1. TS het gesê op Desember 2, 2011

    Hoop jy voel al bietjie beter.
    Sterkte
    Lekker naweek

  2. Jy het ‘fok’ gese^! 🙂

  3. hysmal het gesê op Desember 3, 2011

    baie goed bewoord!

  4. VozSola het gesê op Desember 3, 2011

    oh flip ek het!!
    😉

  5. VozSola het gesê op Desember 3, 2011

    Baie dankie!!

  6. VozSola het gesê op Desember 3, 2011

    Dankie…
    ek gaan Woensdag vir ‘n tweede opinie…
    dan sal ook meer gerus voel.
    xxx

  7. lora2me het gesê op Desember 3, 2011

    Ek hou van die “stem wat stom is, juis die woorde wat die hardste praat” – baie mooi. :)*****

  8. avega het gesê op Desember 4, 2011

    Laat weet ons, want ons hoop vir jou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.