Jy blaai in die argief vir 2011 November.

by VozSola

Hoe belangrik is dit werklik? (open debat)

November 2, 2011 in Sonder kategorie

Gedurende ‘n gesprek met iemand vandag is die vraag aangaande support structures geopper. Hoeveel mense het regtig in die hedendaagse lewe nog steeds standvastige ondersteuningstelsels in hulle lewens? Hiermee word nie verwys na die gewone ‘back-up plans’ as jy nie in tyd kan wees om die kinders by die skool te gaan haal nie. ‘n Kar wat oppad werktoe onklaar raak nie.

Hier praat ons oor emosionele ondersteuning. Vriende, familie ens.

Die vraag het ongelukkig direk na my gekom, en kans vir lieg was daar nie. Ek het vlugtig deur van die traumas en dramas vanuit my eie ondervindings beweeg en was tot stilstand geskok. Ek het geen stelsel in plek nie!

‘n Paar jaar gelede was my man met ‘n hart probleem opgeneem. Van een hospitaal in die middel van die dag na ‘n ander oorgeplaas…en na tien dae van absolute hel…alleen, na ‘n ander hospitaal oorgeplaas en na ‘n ondersoek het die dokter heel reguit en koud aan my gestel…as hy nie nou opereer word nie, gaan hy oor vyf minute nie meer met ons wees nie. Noodgeval. Ek was alleen gedurende daardie tien dae, alleen gedurende daardie twee uur operasie voor die teater deure…alleen toe hy in ICU was…alleen toe ek hom huis toe bring en versorg het. Nie een van my familie of vriende het gekom om my te ondersteun nie, nie eers gebel nie… Ek moes self sien kom klaar…en het na al die jare nog nooit daardie ondervinding verwerk nie. Omdat ek dit alleen moes deurmaak.

Laas jaar moes ek weer dit weer deurmaak toe hy longontsteking gekry het…

Ek moes dit vroeër vanjaar weer deurmaak toe ek my operasie gehad het. In daardie ses weke van die eerste dag in die hospitaal – tot my eerste dag terug by die werk, het geen iemand kom kuier of gevra hoe dit gaan nie…

En so kan ek vele en vele ander dinge hier vertel waar ek geen support structures te ondersteuning gehad het nie. Ek het slegs twee vriende in my lewe…maar verwag niks van hulle nie, want ons lewe nie “in” mekaar se lewens nie. Ons lewens is nie so verweef dat ons konstant ons elke doen en late deel nie. Selfs my eie suster wat skaars 14km van my woon, was nie daar nie.

Vandag het ek besef, dalk is dit belangrik afterall. Dalk sou sulke dinge makliker gewees het as ek bietjie ondersteuning gehad het. Iemand gehad het om mee te praat. Iemand wat dalk net luister. Maar aan die ander kant is dit seker my eie skuld. My lewe is mos maar my eie om te lewe en te onderhou en om dinge self te handle.

Nou wonder ek, as daar vandag iets moet gebeur…op wie se knoppie kan ek druk vir ondersteuning, hulp, raad of sommer om net te gesels…en ek het met groot hartseer besef. Daar is niemand nie. Die persoon met wie ek gesels het was baie geskok..

Maybe is dit omdat ander my nie verstaan nie. Dalk omdat ek ‘n total social misfit is…soos in anti-social. Iemand wat in elkgeval nie maklik ander vertrou nie. Iemand wat dalk serious communication issues het. Of bloot iemand waarvan ander nie van hou nie. Maybe omdat ek te privaat in myse daaglikse lewe is.

My vraag is dus…hoe belangrik is die soort van support structures in jou lewe? Of cope jy ook maar van dag tot dag op jou eie en hou jou gedagtes aangaande moeilike sake eerder jou eie, uit vrye keuse of omdat jy nie die nodige oormaat en voorreg van vele vriende en familie het om uit te kies nie?

Dis

al.