by

O gaats…Help my!

November 9, 2011 in Sonder kategorie

Liewe bloggers,

My naam is Voz Sola en ek het ‘n probleem. Ek het nooit besef dat ‘dit’ as ‘n ‘probleem’ geidentifiseer kon word nie.

Mens besef mos nie jy’t ‘n issue nie voor iemand ‘van buite’ dit aan jou uitwys nie.

Ek weet ook nie hoe die probleem so groot geword het nie…

Ek wonder of daar ‘n ondersteunings-groep vir mense soos ek is?

(Maar ek is geheel en al onwillig om enige verandering te maak…miskien net bietjie opruim en regpak…maar ek het geen intensie om van hierdie probleem genees te word nie!)

Met bogenoemde feite sal enige ondersteuning verwelkom word.

Bewyse soos hiernaas gelewer.

Agtersitplek van my kar (Boot lyk erger)

Eish…kort spasie…

Geen meer spasie…

Die res lê inni garage….

36 antwoorde op O gaats…Help my!

  1. ……of in bokse onder die bed, ek sal liewer nie deel wees van die ondersteunings-groep nie want ek sal almal van die wal binne in die sloot ondersteun.

  2. TS het gesê op November 9, 2011

    O tyd …dit so bekend… ek ruim op een plek op en pak dit dan op ‘n ander plek. Ek het ‘n vriendin wat niks oorbodig in haar kaste het nie … ek wens so ek kan so wees. Ek het nou nog skoolgoed wat ek bêre vir ‘eendag’ en ek gaan nooit weer skoolhou nie

  3. Ek het dieselfde probleem… En as iemand aan dit gaan vat sal daar flippen bollie spat van epidermiese proporsies…

  4. Trakie het gesê op November 9, 2011

    Jy stel nie dalk daarin belang om my boeke oor te neem nie? Ek’s seker jy’t ‘n gaatjie daarvoor in jou garage. Vandat ek my kindle het stel ek glad nie meer daarin belang nie. Om die waarheid te sê, papier begin my al hoe meer irriteer.

  5. Baie nice versameling. Ek wil nog eendag, as die skip inkom, ‘n boekrak van dak tot vloer inrig. Ek het getrek en my boeke is nog in bokse, en ek verlang my dood na hulle…Ek dink ek moet hulle ook in die kar rondry.

  6. Liewe Voz, asseblief kan ek jou biblioteek kom besoek!????
    Groete, Jeanne

  7. Ek is bly om Philip Yancey daar te sien…

  8. avega het gesê op November 9, 2011

    What’s so amazing about Grace? Francine Rivers se Redeeming Love is ‘n boek wat ek nie kon neersit nie.

  9. Ja, saam met “What is so Amazing about Grace” in een boek

  10. UNPOCO het gesê op November 9, 2011

    Ek sal jou graag wil verlos van ‘n paar boeke. Laat weet my wanneer ek kan kom help.

  11. VozSola het gesê op November 9, 2011

    hie-hie…dan begin ons maar onse eie groupie…
    🙂

  12. VozSola het gesê op November 9, 2011

    ooohhh….ek maak nie eers meer my kaste oop nie…
    (skaam-skaam)

  13. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Presies!!!! Solank niemand behalwe ekke daaraan vat nie!

  14. VozSola het gesê op November 9, 2011

    eish!!!! Ek’s baie sentimental as dit by gedrukte boeke kom…daar is iets baie special daaraan…
    ek het ‘n hele klomp audio en e-boeke…maar dis nie dieselfde nie…
    Hoelaat kan ekke myse trokkie stuur?
    😉

  15. VozSola het gesê op November 9, 2011

    mmm…ek hoor jou…
    behalwe ek moet bietjie die inni kar omruil vir die wat nog ongelees is op die rak en inni pos.

  16. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Absoluut…ek’s mal vir Francine Rivers…sy laat my altyd dink…onthou die storie van die vrou wat haar (verkragte) behou het…
    Daardie storie spook nou nog by my…en dit is wat mens ‘geloof’ noem.

  17. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Natuurlik!!! Ek is ewig dankbaar vir die persoon wat my op daai pad gesit het!!!!

  18. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Ag nee man, dog jy maak ‘n ongelooflike openbare offer om sommer jouse DIY rakkie by my af te laai!
    Shhhssss…daar’s rerig niks soos ‘n free lunch nie!!! (nie eers advise nie)

  19. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Nee jy verstaan verkeerd….ek wil NIE genees word nie!!!!
    Jammer!!!

  20. As die tyd reg is (ouderdomsgewys) gaan jy begin om leeg te maak.

    Ek het baie van my boeke in bokse by die bib afgelewer. Ek weet nie of hulle dit verbrand, weggegee of weggegooi het nie. Ek worry nie eers meer daaroor nie. Die verligting is amazing.

    My boekrak is steeds vol – sug.

  21. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Dankie vir jou raad….maar ek voel nog nie so bedreig dat ek ‘n behoefde aan verligting nodig nie…
    net bietjie spasie…dis al…
    :-))

  22. VozSola het gesê op November 9, 2011

    Yeah me!!!!
    Jy’t sopas jouself as chief of operations vir onse ondersteunings-groupie aangestel!
    Baie geluk!
    Verdere besonderhede en kontrak vereistes including fine print sal eersdaags in jouse koevertjie-prentjie opdaag.

  23. aag, is orraait: mense leef daar:)

  24. My diagnose is dat jy ‘n incurable bibliofiel is. Nothing wrong, die prognose is goed.
    🙂

  25. zephur het gesê op November 10, 2011

    Jy is ‘n boekwurm…

    Voz Boekwurm!!!

    Kom bytjies roep saam…

  26. jis…eerstens, ek is mal oor jou agtergrond prentjie, bedoelende die groen natuur!

    Tweedens………sjoe! EK sal slegs ‘n ondersteunersgroep begin as jy nog NIE die boeke gelees het nie hahaa… LEKKER! Ek’t eenmaal vir ‘n R100 ‘n hele boks vol boeke gekoop – en dit toe gaan verkoop by stalletjies. Nogals met net ‘n kwart van die boeke MEER as die R100 teruggekry..!

    Ek meen nie jy moet jou boeke gaan verkoop nie though..!

    Ek hou van boeke.

  27. dis nogals waar nê..! ‘n vertrek vol boeke laat mens nogals goed voel…

  28. Ons boekrak staan reeds dubbel gepak, op hierdie stadium maak ek enige plat oppervlak boek-pakplek. En nog steeds is daar gewoonlik altyd 5 nuwes wat wag om gelees te word . . . kan nie wag om ons sitkamer terug te kry sodat ons al die boeke op een plek kan hê nie.

    Ek voel jou (pyn) frustrasie . . .

  29. Gelukkig staan ek 1ste in die ry want ek het laaaaaaaaaaankal al my naampie opgesit. 😉

  30. VozSola het gesê op November 10, 2011

    Hoe laat moet ek report for duty?
    (Serious!!!)

  31. VozSola het gesê op November 10, 2011

    Cool!!!!
    Ek kan nie verby daai boks-boeke verkopings loop nie…hoe ouer die boeke hoe beter…
    (Ek glo mense se siele plak tussen daai blaaie vas…)

  32. VozSola het gesê op November 10, 2011

    LOL!!!!
    Jy’s lekker funny vanoggend!

  33. VozSola het gesê op November 10, 2011

    O ja, daai ad wat niks met boeke te doen het nie?
    Ekke soek so ‘n boekrak – reguit hemel toe!!!

  34. VozSola het gesê op November 10, 2011

    Sjoe, Dankie Bib-Doc Thomas!!!
    Ek voel sommer weer lus vir lees!

  35. VozSola het gesê op November 10, 2011

    Jy is reg…(al is ek al een inni huis wat lees…tot die ergenis van ander se spasie wat ek steel!)

  36. Ek verstaan nie die probleem nie – plek lyk vir my normaal…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.