by

So maak (word) mens…

November 8, 2011 in Sonder kategorie

Lyfstraf te koop

 

Banneling, jy het
liefdeloos gekleef aan die
ontug van die hart.
jou lyf het die straf verdra
‘n letsel wys hier en daar

‘n Vlees in limbo
tussen kraakvars en stokoud
‘n wintervel met
sout trane te bevogtig
wat ander so laat verdors

Soepel satynsag
tog laat die aand jou benoud
Is dit omdat jy
weet dat die koue sal kom,
dit kruip stadig diep in jou

 

©SueEè

1 antwoord op So maak (word) mens…

  1. zephur het gesê op November 9, 2011

    Ingram’s Camphor Cream werk goed vir daai wintervel…hehehe

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.