by

Twinkle-twinkle

November 7, 2011 in Sonder kategorie

Soos die dae ure word in afwagting dat die swanger maan geboorte skenk aan die hemelruim en soos God se hand met sy lig die pad deur die grys nag aanwys, net so is die siklus van denke wat onopboudend groei en saam met die volmaan aan woorde geboorte skenk…en saam met hierdie woorde word daar soms, net soms soos met ‘n blou maan, ‘n insig met waarheid gebore. Wonderwerke gebeur op so ‘n aand. As die nanag se oeruil sy ore en oë uitruil vir ‘n gewone mens om ook daardie gefluister te hoor en ook daardie antwoord in die donker te mag sien.

Vir ander is die swangermaan aande steeds te donker en die sterre steeds te dof…en donker denke verskaf geen insig na waarheid nie. Die oeruil sal ook geen geheime deel nie. Bloot omdat ons ons blind staar teen die verv legte takke van verwyt en verkwiste tyd.

Mag die komende volmaan ook dalk vir jou ‘n antwoord fluister en ‘n ster van hoop aan jou hart kom hang, sonder om ‘n droom te laat verskiet.

Miskien is ons juis verlore omdat ons net afkyk waar ons loop, of om onderlangs na die wêreld om ons te loer…miskien sal ons weer moet leer om so nou en dan weer Op te kyk…

Dan wonder ek of al die sterre nie net dalk blink gesiggies van reeds bevoorregte siele is nie, maar dalk God se elke traan vir diegene wat nog met verlore hoop hier wandel. Dan wonder ek hoeveel trane het God nie reeds oor my gehuil nie?

8 antwoorde op Twinkle-twinkle

  1. Ek stel Hom ook elke dag terleur.
    SUG

    Ek probeer darem.

  2. ja …

  3. VozSola het gesê op November 8, 2011

    ai Lou, ons probeer darem soos jy sê…

  4. VozSola het gesê op November 8, 2011

    Met dank aanvaar!
    😉

  5. VozSola het gesê op November 8, 2011

    …!!!…
    😉

  6. VozSola het gesê op November 8, 2011

    Dankie Pa-Flenters!

  7. ((((drukkie))))

    Wow. Mooi pos Voz.

  8. VozSola het gesê op November 8, 2011

    ((xxooxx))
    Baie dankie Jeanne!!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.