Valediction
November 29, 2011 in Sonder kategorie
Kom nou net terug van die Grade 7’s valediction service… tussen trots en ‘n tikkie hartseer dink ek hoe vinnig het die afgelope sewe jaar nie verby gevlieg nie. Net nou die dag was dit ‘n verwese kindjie met tassie inni hand op sy eerste ‘groot skool’ dag…en vanaand staan hy lank en trots tussen sy pelle…en ek wonder en wens in die stilligheid dat die volgende vyf jaar net asseblief stadiger sal verby gaan…stadig genoeg om elke oomblik te onthou en nie net halwe flitse van herinnering in die geheue afskets nie. Hierdie keer wil ek elke herinnering soos ‘n vollengte movie onthou…en ek wonder of dit ooit moonlik sal wees?
Môre gaan die Graad 7 klas Sun City toe vir ‘n dag se party…en ons werk se managers gaan lunchtyd die gou-gou-trein Sandton toe neem vir lunch by die Butcher…en die middag daar verwyl tot ons met sonsonder weer die go-go terugneem stad toe…
Volgende week het ons groot staff party by die werk en dan is die jaar se official besigheids geleenthede in sy moer, dan nog twee dokters afsprake en dan is dit uiteindelik tyd vir myse holiday!!!
Ek is vir een baie blymoedig as hierdie jaar uiteindelik sy gat gaan sien…dit was nou nie juis een van die bestes wat ek al ooit gehad het nie, nie op enige gebied in myse lewe nie…
Viva 2012!
Onlangse kommentare