Jy blaai in die argief vir 2011 September.

by VozSola

Wanneer die passie sy tassie pak…

September 17, 2011 in Sonder kategorie

…is dit tyd om te besin.

Ek werk in die hotelbedryf. Needless to say…onse mense doen dit mos vir die passie daarvan. Die opwinding van elke dag wat heel anders en nooit ooit voorspelbaar geag kan word nie. Ja, daar is natuulik geskeduleerde takies wat daagliks afgehandel moet word (administrief gewys)

Die konstante vloei van gaste van waar-ookal in die wêreld en die daaglikse vloei van konferensie/seninar/workshop kliente wat gans te min breinstof inneem en meer tea breaks en lang lunch breaks in hulle schedules inwerk…

Dit neem oneindige geduld om elk se soms onbenullige vrae te antwoord…soms om versigtig aan die toeriste te probeer verduidelik dat nee…ons kan nie die Jakarandas in Julie laat blom nie…en nee, dis nie nodig om ‘n wildbewaarder te huur om in die strate te loop nie (Russiese paartjie) en nee, wilde diere sal nie deur jou kamer venster op die 7de vloer klim nie (Amerikaners nogal)

Dit neem oneindige diplomacy om onbenullige ‘probleme’ op te los… soos ‘my aircon werk nie’ en hulle gaan onmiddelik ‘n klagte by die Sowetean indien…maar bloot omdat hulle dit nooit aangeskakel het nie…of die oproep na my om te kla omdat die mikrogolf oond nie warm maak nie…want dit is actually ‘n electronic safe?!

Dit neem oneindige innerlike krag om heeldag vriendelik te wees met hordes en hordes vreemde mense…heeldag te loop en groet en geselsies maak… Mens leer so baie elke dag. Soms te veel om alles te verwerk.

Maar daar kom dae wanneer daardie einste passie sy tassie wil pak na stilte…vandag was so ‘n dag. Ek is so mensvoos en mensmoeg ek wil nie eers mense op tv sien nie.

Huismense wou Jozi toe vir ‘n celebration party of sorts…en is hoogs moerig omdat ek eerder tuis wou bly met my neus inni boeke…om iets te leer wat niks het te doen met mense en hul dinge nie…

Hulle verstaan nie…dat waar hulle wou gaan, sou beteken dat ek op hierdie dag skynheilig moes rondloop en glimlag en knik en geselsies maak met mense met wie ek absoluut niks in gemeen het nie…dit sou erger as ‘n slegte dag by die werk gewees het…juis omdat ek voel soos ek voel.

Hulle het nou-nou hier aangekom…

Steeds geheel de moer in vir my.

En al wat ek nou voel is skuldig.

Miskien moet ek my gewete leer om ook soms maar sy tassie te pak?

by VozSola

Hallo, My naam is Voz Sola van Veselglas & Plastic

September 16, 2011 in Sonder kategorie

Ek is hier oor die issue om een Verskriklikke lys te voltooi…en weet nie of dit aanvaarbaar sal wees nie…ek is bang niemand wil my hiernaas ken nie…en is bang dat meer bloggers my hiernaas wil ken…

J

wat was die laaste vloekwoord wat jy gebruik het en hoekom?

Goeie Vok… oor onse Minister van Oorseese-waters wat ‘n special geheime handbag het…en eerder teen R235Grootes alleen met bag en all gevlieg het.

waaroor het jy mees onlangs gejok en hoekom?

Vanmiddag toe iemand namens my ‘n besluit geneem het…teen my sin…en ek het stilgebly en net geknik…bloot om die vrede te bewaar.

noem een ding wat jy die week wou doen en nie gedoen het nie?

Inkopies vir die koskas…

noem een ding wat jy die week gedoen het en nie wou doen nie?

Gewerk en stilgebly

noem een ding wat jou die week uit jou maag laat lag het. 

Die nuusberig vanmiddag oor die hofgeding oor die cancellation van ‘n tender kontrak aan ‘n Chinese manufacturing company oor kondome…wat bleikbaar te klein is!

noem een ding wat jou die week verskriklik geirriteer het.

Delivery trokke wat in ventilasie-contricted parkeer-garages vir ure staan en idle!

noem een ding wat jou die week bang gemaak het.

Ander aand se surprise storm in Pretoria…Donderweer en wind maak my bang…

wanneer laas het jy gebad?

Vanoggend…en nou-nou net.

skeer jy jou beenhare en indien wel, hoe gereeld?

Ja, whenever…?

hou jy meer van micky mouse of einstein?

Einstein

wat is die natuurlike stand van jou haarstyl. voor jy ‘n intervensie doen?

Los…en kleurloos

as jy ‘n definisie moes uitdink vir polarfrakvuleer, wat sou dit wees?

Dit is die Evolusie van ovulasie kultivasie

by VozSola

Tussen kan-en-nie; lê daar dalk ’n klein Willie?

September 16, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Hoeveel en watter dinge kan jy nie net nie doen nie…met of sonder klein wil(n)lie?

 

Ja, dit sluit in;

Ek kan nie groente eet nie (met Willie)

 

Ek kan regtig nie seekos eet nie. (sonder Willie)

 

Ek kan nie neuter eet nie. (sonder Wille)

 

Ek kan nie my gesigsuitdrukkings suksesvol in sekere situasies (okay, die die meeste situasies) beheer nie… mense lees my so maklik soos ‘’n nursery rhyme. (Waar’s Willie?) want ek beland soms in die moeilikheid oor die een…

 

Ek kan nie teken nie…

 

Ek kan nie tee of water drink nie.

 

Ek kan nie huil nie…(sonder Willie) (Laaste keer was amper tien jaar gelede toe hulle my verstandtand met abses en al gevul het…en na twee dae se gehuil, nee, geween en gekners van tande, sonder suksesvolle drie inspuitings uiteindlik uitgegrind het…tot die tandarts vir my reguit gesê het ek moet “shrrrrup, want hy kan my nie meer handle nie!!”)

 

Dit bring my by ’n ander vraag…raak ons nie in vandag se lewe so emosioneel afgestomp dat trane lankal deur frustrasie en woede vervang is nie. Dat dit wat mooi is, of wat lelik en sad is…net nie meer te mooi of te lelik of te sad is om oor te huil nie? Of omdat seer nie meer so seer is nie?

 

Maar dan is daar weer mense wat daai krane op demand kan oopdraai…en ander wie se wassers ‘’n dringende replacement nodig het…hulle loop en drup die heel dag lank…

 

En dan is daar diegene wie se krane lankal vasgeroes het…maak dit dan van hulle minder mens, onemosioneel, hard en ongenaakbaar?

by VozSola

Goggagito

September 15, 2011 in Sonder kategorie

Na my aankondiging van vroeër oor die slegte nuus…het ek nagelaat om te noem dat daar steeds twee nessies oor is… En ma gaan nie meer daar wees om haar nuwe kindertjies te verwelkom nie…al twee honderd en meer van hulle…

Haai, dis sommer sad.

by VozSola

R.I.P.

September 15, 2011 in Sonder kategorie

Goggagito 

25 January 2011 to 12 September 2011

 

by VozSola

1001

September 14, 2011 in Sonder kategorie

Daar’s daagliks 1001 blêrrie dinge en goeters en spinnerakke met honderde itsie-bitsies wat deur mens gedagtes flits, en so nou en dan vashaak in ‘n

Maar net sodra jy stilstaan en wonder…then you get pretty much

En soms, net soms uit die 1001 is daar hierdie een antwoord of een gedagte of een of een woord of net daai een spesiale oomblik van

wat uitstaan om verstaan te word.

Soms is dit pretty amazing….

Soms is dit al 1001 op een dag…

Soms is dit net donners sad…

Dis

Al.

by VozSola

(net vir die paar gehoor onsensitiewe lesers!)

September 13, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie is slegs vir die paar wat my vorige inskrywing waardeer het… (nogal jammer eintlik…gedink daar sal meer van julle wees…(sug)

Hier is iets spesiaals deur three unusual partners…

Volgende is ‘n geheime lewensles. (net soos die geheim om lirieke uit enige taal na Engels te vertaal…) As jy hierdie een vertaal het…is dit werklik ‘n ware les…

Maar ek gaan nie die geheim weggee en deel nie… tensy iemand my mooi vra…sal ek vertaalde lirieke kom plaas.

Dis al

En

Dis mooi

en

die einde.

by VozSola

(Nie vir gehoor sensitiewe lesers nie!)

September 12, 2011 in Sonder kategorie

Kliek hier vir die MOET kyk en luister weergawe.

En as jy nie bg weergawe verstaan nie…lees dan maar hieronder

il calmo della sera

(Calm evening sea)

I don’t know
what the fidelity is
the reason of my singing
that can’t resist
such a sweet crying
that has changed my love

And if
even the crack of dawn
had found us still together
please, tell me NO,
makes stupid even the wise
love, my love

If inside the soul
you were the music
if the sun were inside you
if you were really
inside my soul
then yes, I could hear
in my silence
the calm evening sea

But
that picture of you
so lost in my eyes
has brought me the truth,
loves this, what it doesn’t have
love, my love

If inside the soul
you were the music
if the sun were inside you
if you were really
inside my soul
then yes, I could hear
in my silence
the calm evening sea
in my silence
the calm evening sea

 

Sug…dis so nice…is dit nie?

by VozSola

Sondag op ‘n afdraai pad

September 11, 2011 in Sonder kategorie

So ja, ons almal is maar pretenders in eie reg…sommige meer as ander. Sommige gee soveel voor dat dit hul regte bestaan in realiteit in gevaar stel.

Blogging in sommige gevalle (op ‘n ligte trand) is ook maar niks anders as ‘n speel-speel make-believe speelpark nie. Vir ander (op ‘n êrenstige noot) is dit weer so opreg dat daar min speelplek op hul gras is.

Maar om balans in die lewe te hantaaf, is seer sekerlik een van die moeilikste opdragte wat ongelukkig daagliks uitvoerbaar is…en met geen hoeveelheid ondervinding kan dit ooit bemeester word nie. Dit is nou maar net een van daardie dinge, of hoe?

Die oneindige voorbehoud kan ondraaglik raak…en gooi soms die skaal uit balans;

Sewe eiesoortige oneindigheid

Oneindige haat & wraak

Oneindige liefde

Oneindige verlange

Oneindige herinneringe

Oneindige onaanvaarding

Oneindige aanvaarding

Oneindige wedywering

Oneindige mededeelsaamheid

Oneingige selfkastyding & selfverwyt

Oneindige selfvertroue

Oneindige onverstaanbaarheid

Oneindige kennis & insig

Oneindige swaarmoedigheid & ongeloof

Oneindige blymoedigheid & geloof

Hoe balanseer jou skaal vandag…of is jy ook maar net ‘n pretender…of dalk ‘n great pretender?

by VozSola

Wou die die son loop haal…

September 10, 2011 in Sonder kategorie

Van vroegoggend tot laatmiddag voor die boeke deurgebring…terwyl slegs net ‘n paar feite tot my deurgedring het…bo die kompetisie van twee tv’s elk op sy eie kanaal ingestel, die een wil harder as die ander en gesprekke en geselsies word oor en weer van vertrek na vertrek geskree… het ek laatmiddag gehoor-oorsensitief ‘n kussing in ‘n horisontale posisie gaan uitsoek het.

Ek stap deur die woud van donkergroen bome. Varings twee keer groter as ek maak blare sambrele sover ek stap. Ek word aangejaag deur die strale wat kol-kol langer skadu’s grondlangs trek. Op die rand van die woud begin ek opwaarts klim. Ek vorder vinnig maar die dors begin ondraaglik word. Ek kners op my tande en tong dik en droog kleef teen die verhemelte vas. Ai, ek’s amper bo…maar ek is so dors. Met ‘n seer saamgeklampte kakebeen snak ek na asem…die dors…die dors…

 

Snakkend na asem word ek wakker. Ek is so dors!!! Twee glase koeldranke later voel ek beter en met ‘n hoofpyn en ‘n pyn in my kakebeen gaan ek terug na die kussing holte wat nog lê en wag… (seker so dors van al die biltong en popcorn)

…amper bo…amper bo…maar te laat om te sien hoe die vloeistof lawa teen die berg in die vallei afloop…al wat oorbly is die hangende kleure van geel-goud wat stadig na blou-swart verander…

 

Die honde blaf en kleinding lag…ek word wakker en kyk by die venster uit…

Iemand het intussen die son gesteel…want dis al donker. Sjoe…dit was ‘n

lang slaap…miskien is ek regtig net baie moeg…

Nou moet ek tot môre wag om te sien of ek steeds gister se son kan haal.