by

Woordelike Spring cleaning

September 28, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Soms is kom daar ‘n tyd om bietjie die argiewe te gaan afstof…en ek het vanaand hierdie afgestof en lug/lig kom gee.

 

Dit was ‘n storm

wat die reën totaal verwoes

en agter gelaat

is die stilstaande water

wat weer elders op gaan dam ©

 

 

Hoe het die besef

skielik voor my deur kom lê?

Wild en omgekrap

en verlangeloos alleen

so die stilte gekoester ©

 

 

As die son gaan lê

uit moegheid die maan opstuur

sal die sterre juig

die aarde sal omwentel

môre weer die son ontwaak ©

 

 

Tydloos wakker word

jou geraas is gans te hard

stille gebede

sluit my ore stewig toe

doof gehoor en blind gesien ©

 

 

Indien die liefde

verlange sou word, dan het

hoop ook saam vergaan

die soeke na vervanging

sal vir ewig so bly draal©

 

 

Ervaar ‘n oomblik

regte waarheid een maal in

jou lewe om ten

volle te verstaan dat mens

so ewig soekende bly © 

 

Met elke hartklop

‘n asemteug van die lewe

dankbaar tot skielik

‘n groot verskrikking hierdie

hart se klop vir eina ruil ©

 

 

Hoe sal ek kan sê

wat dit is wat die lewe

so vervullend maak

as die lewensgieter se

gaatjies net met seerkry vul?©

 

 

Sou die aarde op

haar sy wou draai en dwarrel

wind van agter waai

sou die reën in stof verskyn

sal die son die maan verkwyn©

 

 

Om saam te stem teen

eie wil is self-verraad

doelbewus gepleeg

vir ander se ontwil en

praat word altyd stom gesind ©

 

 

Wat is ‘n antwoord tog

sonder ooit ‘n vraag te vra

dan in ongeloof

so te hoop die antwoord self

nooit nie weer die vraag weerspieël ©

 

 

Jou hart erken die

onkunde vanuit jou

totaliteit, die

verbitterde voorspelling

voorspooksels van gewete ©

 

 

As woorde nou sou

opdroog, sal ons gedagtes ook,

of droom ons slegs in

prentjies dam wat so woordloos

in gedagtes kan omskryf? ©

 

 

en die wiel bly draai

wat het gebeur sal weer moet

gebeur soos dit is

waar maak mens reg as die

wiel net nooit ophou met draai? ©

 

 

Slaap wat so genees

in drome weggevoer na

‘n wêreld waar tyd

geen bestaan het nie maar tog

ontstaan die hartklop van jou ©

 

 

Ek het gelag en

ek het gehuil en hierdie

wind van agter maak

my vry, die gedagte aan

môre – droom maar weer vir my ©

 

 

Indien liefde dan

‘n spel is, sou ons almal

wen en ook verloor –

die liefde is nie ‘n spel

maar steeds kan nie almal wen ©

 

 

Die grootste geluk

soms versteek, diep gebêre

op eensame weg

onverwags en onverklaar

lê oop en bloot – siende blind ©

 

 

Hoe ‘n kleine woord

die mag kan hê om die prag

van liefde te ruil

die ons weer opgebreek word

nie net ek nie, maar ook jy ©

 

 

As ‘n traan ‘n lag

vervang is die lewe nie

verby, maar begin

die lewe eers indien jy

verstaan jy moet lag en huil ©

 

 

Om in gedagte

‘n woord te spoeg is minder

gewetenloos as

jou lippe geboorte skenk

‘n woord-monster ongetem ©

 

 

Vet waterdruppel

in die poeiersand ontplof

en weer en weer en

nogmaals meer genade reën

ontvang watervloed vervang ©

 

 

Jy het gedink en

het gepraat en selfs al wou

jy nie luister

wat jou siel jou hart vertel

dis steeds jou hart wat fluister ©

 

 

 

 

‘n Hele paar jaar gelede moes ons per assignment met ‘n gekose digvorm woordoorleg pleeg. Okay, seker nie so erg nie…maar die tema was…die Q&A’s van die lewe…soos hier geplaas.

 

Elkeen is ‘n gedagte/storie/vraag/antwoord/of konsep of sy eie. Moenie almal te gelyk wil lees en dan as een wil saamvoeg nie.

Wie weet miskien is daar ‘n herwinbare en useful woord of gedagte vir jou ook…

 

(Die kleine “©” van SueEè” hou hieroor die wag)

 

En nou’s ek klaar.

11 antwoorde op Woordelike Spring cleaning

  1. Naandsê Pa-Flenters…ja-nee…afstof jou nooit op nie…
    …soms sukkel ek bietjie met die hooitkoors…
    😉

  2. Ek hou van die laaste een (ook)
    Die siel en die hart wil net nooit ooit ooreenkom om saam te stem nie!

  3. vir ‘n nat neus en droë oë ook?
    🙂

  4. Dankie Lou…en dat jy tot die einde gelees het…
    ja-nee.
    xxx

  5. Nou hoekom so hartseer?

  6. Goeie môre vreemdeling…
    😉

  7. Baie mooi en sensitief. Jy moenie lank wegbly nie, VozSola.

  8. zephur het gesê op September 29, 2011

    Ek hou baie van die woordspeling…great

    Daarvoor sommer sterre

  9. afstof en wegpak…

  10. Dankie…sal probeer…

  11. sjoe baie dankie Zepman…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.