by

…en die skuldige is dus…

September 24, 2011 in Sonder kategorie

Okay, ons het nie vandag gebraai nie. Daar, ek’t dit gesê. Eintlik was ek slegter as net die verwaarlosing van die dag…ek was om halfelf deur my pa wakker gebel…maar hy’t gou afgelei dat sy dogter nie baie spraaksaam is nie…die wind het gewaai, dit het saggies gereën…en is weereens wakker gebel deur ‘n baas wat blykbaar daarvan hou om dokumente en dinge uit mense op ‘n Saterdag te probeer kry…en laaste wakker skrik was my buurman wat besluit om baie drasties aan die hamer te wil gaan… sug-sug dwaal ek deur die huis op soeke na die res van die familie…kleinding wat grootoog vir my vertel…”do you have any idea what time it is?” sug…”no” en staar na my armhorlosie wat se tyd êrens deur die week deur daai fong-kong batterie besteel is…”it’s almost two o’clock!” so asof ek groot sonde gepleeg het! (hoop nie ek het nie…maar ‘n baie moeilike week het ek goed weggeslaap)

Gister gedurende een van off-the-cuff-gou-gou-one-liner-gesprekke oor ‘n ander forum asook hierdie blogtuiste (met ‘n nie-forum-en-nie-blogger-maar-wel-‘n-nuutgevonde-roofkyker) oor die holgeryde vraag…”is die mense for-real?” My antwoord aan haar was…”Ja, hulle is real.” “Maar hoe real is hulle regtig?” Ek verduidelik oor voorregte om van hulle in lewende lywe te ontmoet. “Ja, maar is hulle regtig soos hulle blog of is daar sommige wat blog soos hulle nie is nie?”

Ek kon nie opreg daardie vraag beantwoord nie.  As ek mooi dink, dink ek regtig nie veel (net in uitsondelike gevalle) van ons kan opreg daardie vraag beantwoord nie…

Al het jy ‘n medeblogger ontmoet, (tensy jy reeds jare lank bevriend is) is hulle soos hulle blogs? Ek kan self nie met sekerheid sê ja, ek en my blog is dieselfde nie. Want ek weet nie of mense soms my as my blog ken, of my as persoon nie. Persepsie vervaag soms….en verskerp soms…en intussen is ons almal seker ewe skuldig…of dalk nie.

23 antwoorde op …en die skuldige is dus…

  1. Ek dink “hulle” is bietjie soos hulle blogs.
    Daar is ‘n egtheid, wat goed is, in die wat ek al ontmoet het.

  2. avega het gesê op September 24, 2011

    Het nog nooit ‘n blogger ontmoet nie en ken nie een vriend wat blog nie, behalwe proffesionele mense wat webwerwe het. Ek dink dis moeilik vir enige persoon om aan te hou voorgee oor ‘n lang tydperk.

  3. TS het gesê op September 24, 2011

    Ek dink ons hou maar almal die beste voetjie voor… Dis dalk nie altyd eerlik nie maar dis maar in die werklike lewe tog ook so?

  4. Ek is bly dat jy so lekker geslaap het.
    Hoop jy is nou uitgerus.

    Ek is maar eenvoudig wie ek is, dink ek, hier en nie hier nie.

  5. o, ek het!! Voel amper weer mens…

    Jy is voorwaar specially opreg nes jy is!

  6. Bingo!

  7. As ek nou vreeslik hard saam met jou moet dink (want ek kan regtig nie onthou nie) gaan ons net ons ouderdom weggee….

  8. nog nooit? dis jammer…want jy was al jare gelede al op een van my wenslysies!

    jy’s reg…

  9. mmm…ek ken ook ‘n paar van daai bloggers met egtheid.

  10. OK … ons het ook nie … gebraai nie.

    (ps – ek dink ek is … )

  11. Naand B-man!

  12. LOL!!!
    …totally onskuldig!
    (sies, jy’s gans te skaars… dis al weer amper tyd vir geskenkies onner die boom…)

  13. Ook nie gebraai nie.
    Ek is maar soos ek is .

  14. Ook nie gebraai nie – miserable dag.

    Ek is erger as wat ek hier is.

  15. Die Inspekteur!!!!

  16. Ek dink jou blog is ‘n weerspieëling van jou binneste binnekant, wat jy nie sommer altyd wys as jy “one-on-one” met mense verkeer nie. So, ek dink ons blogs is meer soos ons ware self as wat ons in persoon soms is.

  17. cool.
    dis net so cool.
    😉

  18. mmm…het dit by julle ook gereën?
    …sjoe, nou sê ons eers!
    😉

  19. jy’t my hard aan die dink gesit met hierdie kommentaar…miskien sny jou woorde dalk nader as wat jy dink…
    🙂
    Ek dink jy verstaan baie goed.

  20. Nie veel reen nie – koud en miserable gewees

  21. Ek het hierdie teorie, dat, hoe meer eerlik jy jouself hier (en waar ookal, in die lewe) aanbied, hoe meer eerlik gaan die meerderheid (nie almal nie, maar die meerderheid) mense op jou reageer. Ek het nou al die ‘awesomeste’ vriende gemaak a.g.v. my bloggery…dit was nie die intensie, aan die begin gewees nie, maar dit was ‘n natuurlike uitvloeisel van openhartige ‘deel en reageer’… ‘n groot bonus.

  22. ekke hou van jou point of view…
    jy is reg oor die awesomeste vriende wat hier tussen die lyne en dan oor die koffie kanne kom kuier…
    Jou deel en reageer ideaal bonus is dus ‘n aanwins voorwaar!
    tnx!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.