by

Jou eie drie-enigheid…is ‘n blixem!

September 22, 2011 in Sonder kategorie

Wat gebeur die dag as die beginsel van jou eie ware geloof beoordeel word en dit skielik oornag ondefineerbaar tot stilstand gedwing word?

Wat gebeur die dag as die beginsel van die liefde bevraagteken word en dit skielik verraai en verdraai word?

Wat gebeur die dag as die beginsel van jou eie verwysingsraamwerk se spieël breek?

Wat gebeur die dag as die beginsel van lewe en laat lewe eerder ‘ n nou stegie verkies as die grootpad self?

Wat gebeur die dag as die beginsel van samesyn tussen jou eie drie-enigheid (mind, heart,soul) in opstand teen mekaar kom en jou al hangende besluiteloos en verward laat?

…en wat gebeur die dag as jy nie meer wil of kan saamstem oor allerande genormaliseerde en af- gedwingde en mees aanvaarbare beginsels van ‘n ander se reg en verkeerd nie?

Hulle saai elk hulle eie saad…elke dag in elke situasie, gedurende elke superslit-sekonde van hordes denke, van herinneringe tot wense, tot die laaste hoop.. Jou verstand saai die meeste, jou hart maai die meeste en jou gees kry altyd die seerste.

Ek verklaar dit tot ‘n misoes van enigheid.

Dis al.

Dis klaar.

11 antwoorde op Jou eie drie-enigheid…is ‘n blixem!

  1. avega het gesê op September 22, 2011

    Dis klaar. Net vanoggend ‘n foto geneem van Regopstaan Kruiper se kuns waarop hy geskryf het God is goed en dis klar. Gaan later vanaand blog daaroor.

  2. Wat gebeur is dat ‘n mens weer ‘n bietjie bestek opneem en dan alle oortollighede en waansin en troebelhede en grys areas uitgooi. Dis ook nodig want dan leef ‘n mens vir ‘n rukkie in overdrive – EN oorleef dit.

  3. Verskeurdheid. ‘n Dilemma. Hmmm. ‘n Toutrekkery tussen wil, emosies en gees. Wat gaan wen? Ek hoop dit wat ewige waarde het.

  4. Wat gebeur is dat mens ‘n bietjie breek – maar uit die skerwe kom daar iets beters!

  5. mmm…maar nie almal is gekwalifiseerde en suksesvolle glass-blowers nie…

  6. Jy het nodig om die Camino te gaan stap- die hele een! Hierdie vrae het mos nie vinnige antwoorde nie, dis deel van die lewensreis. Ek is nou besig om Richard Rohr se 5 beginsels van ‘n sinvolle lewe in ons aanddienste te preek. Worstel juis nou met nommer 4- Jy is nie in beheer nie…
    Al hierdie vrae is ‘n groot ontdekkingsreis, wat jy self sal moet onderneem…

  7. Daai stukke sit sommer met lewensgom aanmekaar!

  8. Maar jy kan altyd ‘n mosaiek maak met die stukkies en dan het jy dalk iets wat nie volmaak is nie, maar net so mooi, of dalk mooier.

  9. dan plant mens maar weer, wat…

  10. maar weer dieselle saad…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.