by

10212

September 21, 2011 in Sonder kategorie

1. By voortbaat dank vir diegene wat hierdie meulsteen gaan klaar lees…en hopelik ‘daaaai’ selfde effek gaan kry.

2. By voorbaat sorry vir die wat dit nie verder as die sin gemaak het nie.

3. sorry vir die swak taalgebruik…anglisime rules!

Sien, daar is ‘n paar dinge wat ek nooit sal/kan doen nie, bloot omdat dit vir my ‘n saak van geloof is. Gister was ek genoodsaak om teen die essensie van my geloof op te tree…en asof dit nice genoeg was nie…moes ek weer vandag…en as ek vanaand mooi eksuus vra sal ek sommer ekskuus vra vir môre ook…en dit gaan ‘n baie groot ekskuus moet wees.

Sien dinge staan so…(okay, ek gaan dit omskryf sodat dit nie na nog ‘n Hellopeter.com inskrywing klink nie)

Internet by die werk (dedicated line) bedoelende ons geniet voorkeur met lyn klagtes weens die belangikheid en gebruik van die lyn. Om 12h45 gister middag het ‘n wormhole onse internet na die verre space geneem…(nie regtig nie, want daai einste naelstring-draadjie loop letterlik onder myse stoel deur…twee vloere ondertoe in die winkelsentrum na die mothership…)

Na troubleshooting deur vyf opgegaarde torings met geheue…skakel ek die alien werkers…daarna, elke uur op die uur…vanoggend om 06h15 skakel ek elke uur op die uur en na lunch elke halfuur… die progress reports is amazing! Dis soos om News24 te lees…hulle verander die artikels so dat die eerste en die volgende artikel se inhoud sommer van land of continent verander…sente na rande en ministers na presidente. Hierdie ‘updates’ is dieselfde…die vorige een word null en void verklaar…en die beste een was teen 13h00 vanmiddag toe hulle gesê het…die technician het nou net jou line geping…en toe vir lunch gegaan!!!

Dit is nou net daar waar die saak van geloof en die saak van ‘n kunsmatige leer stoel by die oom dokter in ‘n spontaneous combustable situasie ontaard…

Nog beter toe hulle 15h50 sê hulle is reeds toe…want vir sekuriteit en veiligheids redes werk hulle nie meer na ure of oortyd nie…duh, vier uur in die middag???!!$*&%*^$#(? (miskien verstaan ek dit nie omdat ons 24 uur ‘n dag werk)

Wat ek graag wil weet is hoekom niemand soos daai slim industrial sielkundiges nog nie hierdie mense geadviseer het oor “hoe om nie kliente de moer in te maak nie” “Die regte tone of voice, ens op daai recordings te kry en daai self-help-selfmoord musiek te verban…want glo my vry…as enige persoon emosioneel stabile soos ‘n spaceage aggresiewe alien wil optree…wonder ek oor onstabiele siele…en dan skielik maak hulle statement ‘for safety and security’ statement baie sin…

Nou ja, meer as flip-weet hoeveel oproepe later (elke tussen 7 en 23 minute lank) …steeds ‘n naelstringlose lyn… moet my dag môre weer so begin.

…nou as jy dalk ‘n idée het hoe ‘n vreeslike geduldige, bedeese, vriendlike, ordenlike, professionele, saggeaarde persoon (dis nou ek,regtig, ek belowe!) in ‘n oogwink in ‘n super feeks met issues kan verander…na dese…skakel gou-gou 10212 en glo my vry na die eerste sin…mag ek dalk nie al een wees wat vandag so vreeslik gesondig het nie!

(oops, as julle nie daaaaaaiiii oom met daai recording kry nie, dan weet ek, ek moet môre alle botter messe op die tafels vermy!)

Ek is so jammer!

(nee nie regtig nie)

…en vergewe asseblief virTelkom hulle se sondes, want hulle weet nie wat hulle doen nie!

9 antwoorde op 10212

  1. Genade Suster!
    Klink my jy is of ‘n boffin of jy moet ‘n ander uitkoms bedink.
    Dink nie ek sal dit kon maak nie.

  2. LOL!!! Jy’t geen idee hoe behaaglik daai oom dokter se leerstoel op hierdie huidige oomblik klink nie…hy hoef nie eers iets te vra nie…net daai stem…van daai ou…by daai nommer speel…en ek sal onsondige sondes ook sommer confess!
    !!!
    xxx

  3. …ek’t oorleef!
    …en môre is nog ‘n dag.

    (dankie vir jou)

  4. TS het gesê op September 22, 2011

    Kwaai vrou!
    Sterkte

  5. Skuus ek lag, maar hierdie was regtig vir my snaaks!

  6. Sal dit nie beter wees om die probleem aanlyn te rapporteer nie…?
    🙂

  7. Lol!!! Presies wat daai boring recorded bkikbrein=stem ook voorgestel het…
    😉

  8. ;-))

  9. Haai nooit!
    (maar dit het gewerk!)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.