by

Moenie daai tassies wil pak nie!

September 18, 2011 in Sonder kategorie

Net omdat ek gister bietjie keel skoonmaak het en myself ‘n tassie of twee wou pak… het daai woorde teruggeslaan!

Skaars 30 minute na my inskrywing geplaas is, bel die werk. Moerawiese crises of note. Kom dadelik. So kom ek net na 22h00 gisteraand daaraan….een issue na die ander na die volgedende uitgesort…en het net na 15h00 vanmiddag eers huistoe. Genade alleen het die kar bestuur want ek kon nie onthou nie…. Het twee ure geslaap net om nou-nou weer wakker gebel te word…maar gewyer om terug te gaan…iemand anders moet maar vir ‘n wyle oorneem…want ek’s al van Saterdag oggend af wakker en is geheel en al useless op die oomblik wat logiese denke aanbetref…

So, het ek my ‘straf’ gekry oor ek so gemoan en gekla het en net ‘n tassie wou pak vir ‘n wyle. Ja, ek het. Soos altyd. Moes maar eerder my gedagtes en gewete vir myself gehou het en hulle nie verraai het nie. Soos altyd, kom dit baie bitter vinnig terug na my toe! Dis flippen onregverdig! Sommer de moer in vir myself ook!

Ek dink ek moet gaan bad en ‘n ordenklike paar uur slaap inkry want vir die volgende week of drie gaan dit net een lang nagmerrie wees…

Ps. Between fire, water & electricity…weet ek nou vir ‘n feit water rig baie meer skade aan…maar as twee of al drie gemeng word…is dit sowaar ‘n baie [email protected] kombinasie!

Sug.

Sug.

Sug.

Fok.

22 antwoorde op Moenie daai tassies wil pak nie!

  1. Is jy gatvol?

  2. *koes*

  3. Hoop hulle betaal oortyd!

    Lekker slaap en sterkte.
    xx

  4. ek is te bang om te erken dat ek is! Mense soos ek mag mos nie gatvol raak nie…dalk net uselessly insane!

  5. *mis*

  6. managers kry nie oortyd of aftyd nie.

    Dankie
    XXX

  7. TS het gesê op September 18, 2011

    Ag nee wat Hulle lees mos nie jou blog nie? Ek glo ook nie jy word gestraf nie. Dalk sal hulle begin sien wat jy werd is.

  8. nee Tina, hulle lees nie, but the universe wel…Karma in reverse…

  9. Vat dit nou maar van my, jy kan maar gatvol word. Dan moet jy dit erken, en jy moet sorg dat jy jou batterytjies iewers loop laai. So pak gerus daardie tassies. Dan kan jy weer teruggaan werk toe met nuwe energie. As jy “burnout” gaan niemand daarby baat vind nie, allermins jou maatskappy. (Nou preek ek kliphard vir myself, wat so pas 16 dae sonder ‘n breek gewerk het.)

  10. Baie sterkte daar!

  11. Moes eintlik maar net gesê het “sterkte”.

  12. Dankie
    😉

  13. 😉
    thanx boet.

  14. Nee jy moes nie…wat jy gesê het is waar… en dankie.
    (en practice what you preach, nè?1)
    Groetnis vir jou.

  15. Klink vir my suspiciously baie asof jy misbruik word…?

  16. hoezzzit

  17. Daar is amper nie meer so iets soos 8-tot-5 werk nie. Eintlik word, veral bestuur, erg misbruik omdat hulle nie oortyd mag eis nie. Verdwyn vir ‘n paar dae, skakel die selfone en rekenaars af en gaan vang iewers forelle of kyk beenspiere op die strand of sit net in die fliek en kyk alles.

  18. sjoe..ek’t nou lekker saam met jou gedroom…maar nou moet ek weer wakker word.
    Dankie…

  19. Hola…
    nee, dit gaan maar stil, en by jou?
    🙂

  20. Amper sê ek ‘knie-diep’ maar miskien moet ek dit maar sê ‘dis effens hoër’

  21. Ek hou van daai spark in jou, so tussen die moeg deur. Dankie!

  22. ;-))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.