by

Wanneer die passie sy tassie pak…

September 17, 2011 in Sonder kategorie

…is dit tyd om te besin.

Ek werk in die hotelbedryf. Needless to say…onse mense doen dit mos vir die passie daarvan. Die opwinding van elke dag wat heel anders en nooit ooit voorspelbaar geag kan word nie. Ja, daar is natuulik geskeduleerde takies wat daagliks afgehandel moet word (administrief gewys)

Die konstante vloei van gaste van waar-ookal in die wêreld en die daaglikse vloei van konferensie/seninar/workshop kliente wat gans te min breinstof inneem en meer tea breaks en lang lunch breaks in hulle schedules inwerk…

Dit neem oneindige geduld om elk se soms onbenullige vrae te antwoord…soms om versigtig aan die toeriste te probeer verduidelik dat nee…ons kan nie die Jakarandas in Julie laat blom nie…en nee, dis nie nodig om ‘n wildbewaarder te huur om in die strate te loop nie (Russiese paartjie) en nee, wilde diere sal nie deur jou kamer venster op die 7de vloer klim nie (Amerikaners nogal)

Dit neem oneindige diplomacy om onbenullige ‘probleme’ op te los… soos ‘my aircon werk nie’ en hulle gaan onmiddelik ‘n klagte by die Sowetean indien…maar bloot omdat hulle dit nooit aangeskakel het nie…of die oproep na my om te kla omdat die mikrogolf oond nie warm maak nie…want dit is actually ‘n electronic safe?!

Dit neem oneindige innerlike krag om heeldag vriendelik te wees met hordes en hordes vreemde mense…heeldag te loop en groet en geselsies maak… Mens leer so baie elke dag. Soms te veel om alles te verwerk.

Maar daar kom dae wanneer daardie einste passie sy tassie wil pak na stilte…vandag was so ‘n dag. Ek is so mensvoos en mensmoeg ek wil nie eers mense op tv sien nie.

Huismense wou Jozi toe vir ‘n celebration party of sorts…en is hoogs moerig omdat ek eerder tuis wou bly met my neus inni boeke…om iets te leer wat niks het te doen met mense en hul dinge nie…

Hulle verstaan nie…dat waar hulle wou gaan, sou beteken dat ek op hierdie dag skynheilig moes rondloop en glimlag en knik en geselsies maak met mense met wie ek absoluut niks in gemeen het nie…dit sou erger as ‘n slegte dag by die werk gewees het…juis omdat ek voel soos ek voel.

Hulle het nou-nou hier aangekom…

Steeds geheel de moer in vir my.

En al wat ek nou voel is skuldig.

Miskien moet ek my gewete leer om ook soms maar sy tassie te pak?

6 antwoorde op Wanneer die passie sy tassie pak…

  1. TS het gesê op September 17, 2011

    Vir my klink die klagtes al te prettig, maar ek kan glo dat dit met die tyd saam jou tot wit waks sal irriteer…

    Nee wat moenie sleg voel… jy mag mos ook soms nie lus wees?

  2. nee. jou gewete is jou vriend.
    (sterkte) (en hahahahah oor die microwave (-;)

  3. Jissie, Vos, ek ondervind dieselfde in my werk.
    My huismense het geen idee wat ek elke dag deurmaak nie. Ek praat vir ses ure met ‘n harde stem en is te moeg gepraat en op van lawaai om by die huis ook te praat…
    Huismoleste en verwyte loop bykans daagliks hand aan hand.
    xxx

  4. Jip, pak daai gewete in ‘n tassie! Elkeen het ‘n bietjie tyd nodig vir sywerselwers.

    Smile mooi, en vra, was jou dag so lekker soos myne?

    Alhoewel, jy laat my nou twyfel. My droom is om sodra die kinders uit die beursie is, te bedank, te ry tot ek ‘n dorpie kry waarvan ek hou en dan by die naaste vakansieoord werk te soek as ‘n inbook clerk of ‘n ding….

  5. “You can’t please everybody, so ya gotta please yourself…” Kan nie die song waaruit dit kom onthou nie, maar dis die waarheid.

  6. Jis ek weet nie hoe jy dit doen nie – ek sou virrie ouens gesê het om hulle vensters toe te hou om die killer baboons uit te hou – en dan vir hulle ‘n foto van ‘n kees se slagtanne gewys het, en hoe hulle grypvoete het waarmee hulle teen enige gebou op kan klim….

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.