Vir ’n wyle…
September 29, 2011 in Sonder kategorie
was hierdie die laaste inskrywing vir ’n ruk of dalk net ’n rukkie.
My spookasem gaan vir ’n wyle net tussen die lyne wandel.
September 29, 2011 in Sonder kategorie
was hierdie die laaste inskrywing vir ’n ruk of dalk net ’n rukkie.
My spookasem gaan vir ’n wyle net tussen die lyne wandel.
September 28, 2011 in Sonder kategorie
Soms is kom daar ‘n tyd om bietjie die argiewe te gaan afstof…en ek het vanaand hierdie afgestof en lug/lig kom gee.
Dit was ‘n storm
wat die reën totaal verwoes
en agter gelaat
is die stilstaande water
wat weer elders op gaan dam ©
Hoe het die besef
skielik voor my deur kom lê?
Wild en omgekrap
en verlangeloos alleen
so die stilte gekoester ©
As die son gaan lê
uit moegheid die maan opstuur
sal die sterre juig
die aarde sal omwentel
môre weer die son ontwaak ©
Tydloos wakker word
jou geraas is gans te hard
stille gebede
sluit my ore stewig toe
doof gehoor en blind gesien ©
Indien die liefde
verlange sou word, dan het
hoop ook saam vergaan
die soeke na vervanging
sal vir ewig so bly draal©
Ervaar ‘n oomblik
regte waarheid een maal in
jou lewe om ten
volle te verstaan dat mens
so ewig soekende bly ©
Met elke hartklop
‘n asemteug van die lewe
dankbaar tot skielik
‘n groot verskrikking hierdie
hart se klop vir eina ruil ©
Hoe sal ek kan sê
wat dit is wat die lewe
so vervullend maak
as die lewensgieter se
gaatjies net met seerkry vul?©
Sou die aarde op
haar sy wou draai en dwarrel
wind van agter waai
sou die reën in stof verskyn
sal die son die maan verkwyn©
Om saam te stem teen
eie wil is self-verraad
doelbewus gepleeg
vir ander se ontwil en
praat word altyd stom gesind ©
Wat is ‘n antwoord tog
sonder ooit ‘n vraag te vra
dan in ongeloof
so te hoop die antwoord self
nooit nie weer die vraag weerspieël ©
Jou hart erken die
onkunde vanuit jou
totaliteit, die
verbitterde voorspelling
voorspooksels van gewete ©
As woorde nou sou
opdroog, sal ons gedagtes ook,
of droom ons slegs in
prentjies dam wat so woordloos
in gedagtes kan omskryf? ©
en die wiel bly draai
wat het gebeur sal weer moet
gebeur soos dit is
waar maak mens reg as die
wiel net nooit ophou met draai? ©
Slaap wat so genees
in drome weggevoer na
‘n wêreld waar tyd
geen bestaan het nie maar tog
ontstaan die hartklop van jou ©
Ek het gelag en
ek het gehuil en hierdie
wind van agter maak
my vry, die gedagte aan
môre – droom maar weer vir my ©
Indien liefde dan
‘n spel is, sou ons almal
wen en ook verloor –
die liefde is nie ‘n spel
maar steeds kan nie almal wen ©
Die grootste geluk
soms versteek, diep gebêre
op eensame weg
onverwags en onverklaar
lê oop en bloot – siende blind ©
Hoe ‘n kleine woord
die mag kan hê om die prag
van liefde te ruil
die ons weer opgebreek word
nie net ek nie, maar ook jy ©
As ‘n traan ‘n lag
vervang is die lewe nie
verby, maar begin
die lewe eers indien jy
verstaan jy moet lag en huil ©
Om in gedagte
‘n woord te spoeg is minder
gewetenloos as
jou lippe geboorte skenk
‘n woord-monster ongetem ©
Vet waterdruppel
in die poeiersand ontplof
en weer en weer en
nogmaals meer genade reën
ontvang watervloed vervang ©
Jy het gedink en
het gepraat en selfs al wou
jy nie luister
wat jou siel jou hart vertel
dis steeds jou hart wat fluister ©
‘n Hele paar jaar gelede moes ons per assignment met ‘n gekose digvorm woordoorleg pleeg. Okay, seker nie so erg nie…maar die tema was…die Q&A’s van die lewe…soos hier geplaas.
Elkeen is ‘n gedagte/storie/vraag/antwoord/of konsep of sy eie. Moenie almal te gelyk wil lees en dan as een wil saamvoeg nie.
Wie weet miskien is daar ‘n herwinbare en useful woord of gedagte vir jou ook…
(Die kleine “©” van SueEè” hou hieroor die wag)
En nou’s ek klaar.
September 26, 2011 in Sonder kategorie
Jy weet mos hoe dit gaan…vir jare en jare hoor jy ‘n song…jy dink jy ken daai song…en dan op ‘n dag HOOR jy daai song vir die eerste keer…
Sondag se Idols was een van daai dae met een van daai songs…miskien was dit die manier hoe dit gesing was…miskien was dit die ou wat dit gesing het…of miskien was dit regtig dalk maar Net Ek wat dit geHoor het… Vir die eerste keer het ek die hele liedjie werklik verstaan…
Hierdie song laat my ook laat dink aan ‘n nefie van my, en nog ‘n niggie van my wat beide (jare uitmekaar) selfmoord gepleeg het…beide vir dieselfde verlore liefde redes.. Miskien, miskien was dit hoe hulle gevoel het? Miskien was dit iets wat hulle sou wou gesê het.
(But I do seem to understand all too well…even it was merely in their last farewell)
Don McLean
Vincent
Starry
starry night
paint your palette blue and grey
look out on a summer’s day
with eyes that know the
darkness in my soul.
Shadows on the hills
sketch the trees and the daffodils
catch the breeze and the winter chills
in colors on the snowy linen land.
And now I understand what you tried to say to me
how you suffered for your sanity
how you tried to set them free.
They would not listen
they did not know how
perhaps they’ll listen now.
Starry
starry night
flaming flo’rs that brightly blaze
swirling clouds in violet haze reflect in
Vincent’s eyes of China blue.
Colors changing hue
morning fields of amber grain
weathered faces lined in pain
are soothed beneath the artist’s
loving hand.
And now I understand what you tried to say to me
how you suffered for your sanity
how you tried to set them free.
perhaps they’ll listen now.
For they could not love you
but still your love was true
and when no hope was left in sight on that starry
starry night.
You took your life
as lovers often do;
But I could have told you
Vincent
this world was never
meant for one
as beautiful as you.
Starry
starry night
portraits hung in empty halls
frameless heads on nameless walls
with eyes
that watch the world and can’t forget.
Like the stranger that you’ve met
the ragged men in ragged clothes
the silver thorn of bloddy rose
lie crushed and broken
on the virgin snow.
And now I think I know what you tried to say to me
how you suffered for your sanity
how you tried to set them free.
They would not listen
they’re not
list’ning still
perhaps they never will.
September 24, 2011 in Sonder kategorie
Okay, ons het nie vandag gebraai nie. Daar, ek’t dit gesê. Eintlik was ek slegter as net die verwaarlosing van die dag…ek was om halfelf deur my pa wakker gebel…maar hy’t gou afgelei dat sy dogter nie baie spraaksaam is nie…die wind het gewaai, dit het saggies gereën…en is weereens wakker gebel deur ‘n baas wat blykbaar daarvan hou om dokumente en dinge uit mense op ‘n Saterdag te probeer kry…en laaste wakker skrik was my buurman wat besluit om baie drasties aan die hamer te wil gaan… sug-sug dwaal ek deur die huis op soeke na die res van die familie…kleinding wat grootoog vir my vertel…”do you have any idea what time it is?” sug…”no” en staar na my armhorlosie wat se tyd êrens deur die week deur daai fong-kong batterie besteel is…”it’s almost two o’clock!” so asof ek groot sonde gepleeg het! (hoop nie ek het nie…maar ‘n baie moeilike week het ek goed weggeslaap)
Gister gedurende een van off-the-cuff-gou-gou-one-liner-gesprekke oor ‘n ander forum asook hierdie blogtuiste (met ‘n nie-forum-en-nie-blogger-maar-wel-‘n-nuutgevonde-roofkyker) oor die holgeryde vraag…”is die mense for-real?” My antwoord aan haar was…”Ja, hulle is real.” “Maar hoe real is hulle regtig?” Ek verduidelik oor voorregte om van hulle in lewende lywe te ontmoet. “Ja, maar is hulle regtig soos hulle blog of is daar sommige wat blog soos hulle nie is nie?”
Ek kon nie opreg daardie vraag beantwoord nie. As ek mooi dink, dink ek regtig nie veel (net in uitsondelike gevalle) van ons kan opreg daardie vraag beantwoord nie…
Al het jy ‘n medeblogger ontmoet, (tensy jy reeds jare lank bevriend is) is hulle soos hulle blogs? Ek kan self nie met sekerheid sê ja, ek en my blog is dieselfde nie. Want ek weet nie of mense soms my as my blog ken, of my as persoon nie. Persepsie vervaag soms….en verskerp soms…en intussen is ons almal seker ewe skuldig…of dalk nie.
September 22, 2011 in Sonder kategorie
Wat gebeur die dag as die beginsel van jou eie ware geloof beoordeel word en dit skielik oornag ondefineerbaar tot stilstand gedwing word?
Wat gebeur die dag as die beginsel van die liefde bevraagteken word en dit skielik verraai en verdraai word?
Wat gebeur die dag as die beginsel van jou eie verwysingsraamwerk se spieël breek?
Wat gebeur die dag as die beginsel van lewe en laat lewe eerder ‘ n nou stegie verkies as die grootpad self?
Wat gebeur die dag as die beginsel van samesyn tussen jou eie drie-enigheid (mind, heart,soul) in opstand teen mekaar kom en jou al hangende besluiteloos en verward laat?
…en wat gebeur die dag as jy nie meer wil of kan saamstem oor allerande genormaliseerde en af- gedwingde en mees aanvaarbare beginsels van ‘n ander se reg en verkeerd nie?
Hulle saai elk hulle eie saad…elke dag in elke situasie, gedurende elke superslit-sekonde van hordes denke, van herinneringe tot wense, tot die laaste hoop.. Jou verstand saai die meeste, jou hart maai die meeste en jou gees kry altyd die seerste.
Ek verklaar dit tot ‘n misoes van enigheid.
Dis al.
Dis klaar.
September 21, 2011 in Sonder kategorie
1. By voortbaat dank vir diegene wat hierdie meulsteen gaan klaar lees…en hopelik ‘daaaai’ selfde effek gaan kry.
2. By voorbaat sorry vir die wat dit nie verder as die sin gemaak het nie.
3. sorry vir die swak taalgebruik…anglisime rules!
Sien, daar is ‘n paar dinge wat ek nooit sal/kan doen nie, bloot omdat dit vir my ‘n saak van geloof is. Gister was ek genoodsaak om teen die essensie van my geloof op te tree…en asof dit nice genoeg was nie…moes ek weer vandag…en as ek vanaand mooi eksuus vra sal ek sommer ekskuus vra vir môre ook…en dit gaan ‘n baie groot ekskuus moet wees.
Sien dinge staan so…(okay, ek gaan dit omskryf sodat dit nie na nog ‘n Hellopeter.com inskrywing klink nie)
Internet by die werk (dedicated line) bedoelende ons geniet voorkeur met lyn klagtes weens die belangikheid en gebruik van die lyn. Om 12h45 gister middag het ‘n wormhole onse internet na die verre space geneem…(nie regtig nie, want daai einste naelstring-draadjie loop letterlik onder myse stoel deur…twee vloere ondertoe in die winkelsentrum na die mothership…)
Na troubleshooting deur vyf opgegaarde torings met geheue…skakel ek die alien werkers…daarna, elke uur op die uur…vanoggend om 06h15 skakel ek elke uur op die uur en na lunch elke halfuur… die progress reports is amazing! Dis soos om News24 te lees…hulle verander die artikels so dat die eerste en die volgende artikel se inhoud sommer van land of continent verander…sente na rande en ministers na presidente. Hierdie ‘updates’ is dieselfde…die vorige een word null en void verklaar…en die beste een was teen 13h00 vanmiddag toe hulle gesê het…die technician het nou net jou line geping…en toe vir lunch gegaan!!!
Dit is nou net daar waar die saak van geloof en die saak van ‘n kunsmatige leer stoel by die oom dokter in ‘n spontaneous combustable situasie ontaard…
Nog beter toe hulle 15h50 sê hulle is reeds toe…want vir sekuriteit en veiligheids redes werk hulle nie meer na ure of oortyd nie…duh, vier uur in die middag???!!$*&%*^$#(? (miskien verstaan ek dit nie omdat ons 24 uur ‘n dag werk)
Wat ek graag wil weet is hoekom niemand soos daai slim industrial sielkundiges nog nie hierdie mense geadviseer het oor “hoe om nie kliente de moer in te maak nie” “Die regte tone of voice, ens op daai recordings te kry en daai self-help-selfmoord musiek te verban…want glo my vry…as enige persoon emosioneel stabile soos ‘n spaceage aggresiewe alien wil optree…wonder ek oor onstabiele siele…en dan skielik maak hulle statement ‘for safety and security’ statement baie sin…
Nou ja, meer as flip-weet hoeveel oproepe later (elke tussen 7 en 23 minute lank) …steeds ‘n naelstringlose lyn… moet my dag môre weer so begin.
…nou as jy dalk ‘n idée het hoe ‘n vreeslike geduldige, bedeese, vriendlike, ordenlike, professionele, saggeaarde persoon (dis nou ek,regtig, ek belowe!) in ‘n oogwink in ‘n super feeks met issues kan verander…na dese…skakel gou-gou 10212 en glo my vry na die eerste sin…mag ek dalk nie al een wees wat vandag so vreeslik gesondig het nie!
(oops, as julle nie daaaaaaiiii oom met daai recording kry nie, dan weet ek, ek moet môre alle botter messe op die tafels vermy!)
Ek is so jammer!
(nee nie regtig nie)
…en vergewe asseblief virTelkom hulle se sondes, want hulle weet nie wat hulle doen nie!
September 20, 2011 in Sonder kategorie
That it’s mostly for fun…and sometimes for balance…
But you can never do it alone…
September 19, 2011 in Sonder kategorie
Die lewe is soos ui… dit groei maar skil ook af, laag vir laag…die kern laat jou die meeste traan…
Maar soms gebeur dit dat jyself die einste onion word…en wat dan?
Soms groei jy laag vir laag…en soms skil ander jou ring for ring…
September 18, 2011 in Sonder kategorie
Net omdat ek gister bietjie keel skoonmaak het en myself ‘n tassie of twee wou pak… het daai woorde teruggeslaan!
Skaars 30 minute na my inskrywing geplaas is, bel die werk. Moerawiese crises of note. Kom dadelik. So kom ek net na 22h00 gisteraand daaraan….een issue na die ander na die volgedende uitgesort…en het net na 15h00 vanmiddag eers huistoe. Genade alleen het die kar bestuur want ek kon nie onthou nie…. Het twee ure geslaap net om nou-nou weer wakker gebel te word…maar gewyer om terug te gaan…iemand anders moet maar vir ‘n wyle oorneem…want ek’s al van Saterdag oggend af wakker en is geheel en al useless op die oomblik wat logiese denke aanbetref…
So, het ek my ‘straf’ gekry oor ek so gemoan en gekla het en net ‘n tassie wou pak vir ‘n wyle. Ja, ek het. Soos altyd. Moes maar eerder my gedagtes en gewete vir myself gehou het en hulle nie verraai het nie. Soos altyd, kom dit baie bitter vinnig terug na my toe! Dis flippen onregverdig! Sommer de moer in vir myself ook!
Ek dink ek moet gaan bad en ‘n ordenklike paar uur slaap inkry want vir die volgende week of drie gaan dit net een lang nagmerrie wees…
Ps. Between fire, water & electricity…weet ek nou vir ‘n feit water rig baie meer skade aan…maar as twee of al drie gemeng word…is dit sowaar ‘n baie [email protected] kombinasie!
Sug.
Sug.
Sug.
Fok.
Onlangse kommentare