Beste liewe ‘wie dit ook al mag aangaan’
Ek as Suid-Afrikaanse burger – gebore en getoeë (maar lank na die kaalvoet-vlug-oor-die-berge) wil graag aansoek tot asiel aangaan…vir ’n plekkie onder die Afrika son, in Suid-Afrika.
Dit mag dalk heel onwaarskynlik, onrealisties en geheel onvanpas wees om eers my aansoek te oorweeg…ek het immers lank en duidelik oor hierdie saak nagedink.
Na bietjie stof tot nadenke, besin ek dit die beste uitweg vir my as Suid-Afrikaner om my burgerskap eerder vir ‘’n asiel aansoek te verruil, want my lewe sal dan heelwat meer positief daarna uitsien.
Op die oomblik word ek daagliks deur terrorisme geraak. Ja, jy lees reg. Die soort van terrorisme wat die algehele sin van menswees benadeel. Emosioneel en fisies.
– Om die nuwe trein (met my taxgeld) se kabels te steel, of jou buurman se krag of om die Eskom kragstasie te hijack, is niks minder as ‘’n terroristiese aanval teenoor die land en sy mense nie.
– Die huidige staakings is niks minder ‘’n aanval teenoort die land se betaalende verbruikers nie.
– Die huidige stand van korrupsie is ‘’n aanval op vooruitstrewendheid en ekonomiese groei. Dit is ‘’n aanval om die taks-betaalende burger.
– Die moord en roof van toeriste is ‘’n aanval op mense. Dit is moord, nie oorlog nie.
– Die uitmoording van boere en hulle nasate is ‘’n aanval op die land se voedings-lewensaar en dus ‘’n aanval op my basiese mensereg tot voeding.
– Die korrupsie, roof en moord waarvan die einste beskermingsdienste wat ons as burgers moet beskerm, hulself aan skuldig maak, is niks anders as ‘’n terroriste aanval teen die burgers van hierdie land nie.
Hierdie lysie is eindeloos…net soos die nulle van die checques en die rande wat ander se gatsakke toeprop…terwyl ons as burgers die klein desimale kommatjie op hulle werkskontrakte onder die fynskrif gedruk word.
Daar is soveel ‘loopholes’ in die procedures, dat ek seker is, daar sal ‘’n gaatjie wees om my in een te stop.
Dus oorweeg asb my asiel aansoek as burger tot hierdie land.
Ek sien uit na die totale kwytskelding van alles wat in bogenoemde brief gemeld is.
Met dank.
Die uwe
Landsburger.
Ps. LW. Hierdie is nie ‘’n aanval nie. Nog minder polities georiënteerde brief.
Geen diskriminasie of rassistiese kommentare word hierop toegelaat nie.
Onlangse kommentare