Magies vol – ogies toe
Augustus 31, 2011 in Sonder kategorie
Engeland se parliament se mense moet moer arm wees, of net vreeslik honger! Hulle sit so kiertsregop dat ek skoon rugpyn kry! Hulle is op en wakker en be-aam alles wat wie ook al aan die woord voorstel. Vergaderings is vol lewe en interaktief.
Maar hier, oh wee…
Vertel my, is dit slegs die lekker opgestopte sitplekke wat so gerieflik is dat hulle tot diep op hul se stuitjie moet neersak…ken op die bors en ogies half toe?
Maar dalk nie…want dit word oral gedoen. Veral in vergaderings…daai selfde pose…ken op die bors en ogies heel verlep…
Dalkies is dit maar net ‘’n geval van magies vol en ogies toe…
Tensy die meerderheid ‘’n genetiese afwyking van rug en nekwerwels het as dit kom by stoel sit en stil sit…die ergste is dat hierdie soort van afwyking die gehoor (en hoor) ook aantas…
Hulle kan dalk hoogskop op ‘’n teerpad, maar flip weet, hulle kan darem baie laag sit…
Hierdie phenomena irreteer my grensloos!
Doubtingthomas het gesê op Augustus 31, 2011
This is Africa, Madam…
🙂
TS het gesê op Augustus 31, 2011
mmmmm ek dink die evolusie moet die skuld kry hiervoor want vandat ‘kinders’ hulle sterte verloor het, het hulle kakebene ook ‘n verandering ondergaan … die lippe sak oop en die kougom bolletjie flits wit soos dit verby kom terwyl die oë nog meer behaaglik toesak…
HeavyHenry het gesê op Augustus 31, 2011
Homo Sapiens spp invertebrata…
bloukaap het gesê op Augustus 31, 2011
dagsê
louisna het gesê op September 1, 2011
Jy lyk stunning. Gidi het vir my fotos op sy selfoon gewys
VozSola het gesê op September 1, 2011
dit kan jy weer sê!
😉
VozSola het gesê op September 1, 2011
lol! ek sien die prentjie heel duidelik!
VozSola het gesê op September 1, 2011
whahahahaha…skerp!
VozSola het gesê op September 1, 2011
hallo daar ook!
VozSola het gesê op September 1, 2011
haai dankie Ouboet!
😉
louisna het gesê op September 2, 2011
Plesier
HeavyHenry het gesê op September 2, 2011
🙂