To be or not to be(e)…
Augustus 28, 2011 in Sonder kategorie
Die bye is al weer op trek. Gelukkig hierdie keer uit ons tuin, na die elektrisiteit’s boks oorkant die straat (gelukkig ook nie ons s’n nie – want wie hoeveel ekstra nulle Tshwane se mense dan sal lees vir hulle se rekening) Nou kan onse honde net weer be…and not try to beat the bee… Kan iemand my dalk sê wat is dit met sekere honde se fasineering om bye te jaag? Hulle doen dit dan nie met vlieë nie. Hmmm?
Maar ja…bogenoemde bly steeds ‘n goeie vraag…en een wat wel êrens in hierdie week weer aan my deur gaan klop… en al verwag ek daardie klop…weet ek steeds nie wat my antwoord sal wees nie. Daar is reeds te min dinge in die lewe oor wat ‘n maklike antwoord kan opper. Hierdie is een van die meer moeilikes.
Daar staan ‘n paar veranderinge op die horison. Ongeag die uitkoms staan ek verdeeld. Op die ou einde gaan dit oor loyalties…maar gaan dit selfsugtig wees as dit hierdie eerder by myself gaan lê, as waar ander dit van my verwag ek moet dit gaan neerlê?
Ek weet nie…en soos ek vir iemand gesê het…ek wens ek was ‘n sif…groot genoeg vir die klippe op die pad om deur te val…en fyn genoeg om die waardevolle gold dust van die lewe agter te hou.
Miskien is dit tyd dat ek my fine tooth comb vir ‘n flippen yster-hark verruil.
avega het gesê op Augustus 28, 2011
Lojaliteit is ‘n skaars (goeie) eienskap, maar net jyself gaan vir jouself kan sorg.
shlwanjan het gesê op Augustus 28, 2011
Sterkte. (Jip, dalk kry ons meer uit die lewe met ‘n ysterhark?)
Blikskottel het gesê op Augustus 28, 2011
Hond word gepla deur bye se gezoem..iets wat vliegies slim genoeg is om nie te doen nie.
VozSola het gesê op Augustus 28, 2011
…maar wat van die ander?…so jy dink nie dit is selfsugtig nie…
(ek weet jy is seker heeltemal reg, soos altyd.)
Dankie
VozSola het gesê op Augustus 28, 2011
Dankie…
(in nadenke het ek hierdie vision van die witch met ‘n hark)
VozSola het gesê op Augustus 28, 2011
mmm…ek sweer dit is die Aussies se skuld!
(ons het ‘n foxterrior mix en ‘n worsie…en dis net die foxie wat bos gaan as daar bye is)
loudavisi het gesê op Augustus 29, 2011
Jis, ek hou nie daarvan om groot besluite te neem nie…veral as beide kante van die besluit ewe swaar of lig weeg!
TS het gesê op Augustus 29, 2011
so kriptiese inskrywing het my natuurlik erg nuuskierig
Sterkte met die besluite
bloukaap het gesê op Augustus 29, 2011
sterkte
HeavyHenry het gesê op Augustus 29, 2011
Gaan selfsugtig, en gaan groot!
🙂
VozSola het gesê op Augustus 29, 2011
😉
ps…en waaaaaa was jy Saterdag, mmmm?
VozSola het gesê op Augustus 29, 2011
Hola?
(thnx)
VozSola het gesê op Augustus 29, 2011
niks kripties nie…net dat ‘n paar situasies geopper gaan word…en ek wil hierdie keer nie weer vir myself lieg ter wille van ander nie.
VozSola het gesê op Augustus 29, 2011
presies!!!
maar soms is daar nie ‘n middelweg nie.
(ek vermy ook gewoonlik sulke situasies)
HeavyHenry het gesê op Augustus 29, 2011
‘n kwessie van kak – my geheue was kak – ek het vergeet – en tweedens, toe ek uiteindelik hier by die werk weer sien wat aangaan – was ek te kaksleg om my karkas soontoe oor te sleep…
🙂
VozSola het gesê op Augustus 29, 2011
sjoe, dis nou sommer ‘n super kak storie!!
😉
HeavyHenry het gesê op Augustus 29, 2011
Bwhaahaha!