by

Disillusioned!

Augustus 24, 2011 in Sonder kategorie

Niks, maar niks is meer wat dit veronderstel is om te wees nie. Of wat geglo is nie.

Veral mense. Mense opsigself is sekerlik een van die grootste illusies wat bestaan. Een wat gesien kan word, maar steeds lieg…selfs hul refleksie in die spieël lieg. Beste is, hulle doen so voort, sonder die kommer dat ander sal sien…want die wonderwork van sulke mense is…al word hulle gesien…sien niemand dit nie…

Tot eendag…

En vandag het ek gesien! (meer as een keer…met meer as een)

En wat ek gesien het…is nie ‘n mirage nie…wat ek gesien het…was die illusie self. So helder dat dit ongelooflik blindend was…dit het seergemaak. Dit het geskok. En die laaste biejie geloof in mense het êrens diep van binne stukkend gebreek en na buite gesny.

Ek wens julle sal nooit voel hoe dit is om disillusioned te wees nie…

Nog minder wens ek julle die ondervinding om oplaas ‘n illusie of twee raak te sien.

Moet nooit dieper kyk as kyk nie. Moet liewers net nooit raaksien nie.

Punt.

Full Stop.

Streep.

(%$%&*(^[email protected]!)

Ps…net omdat niemand (behalwe ‘n goeie paar) van my vorige post gehou het nie…

Plaas ek nog een… hierdie keer moet julle maar luister…om te hoor…en nie lees om te sien nie.

Kliek HIER

10 antwoorde op Disillusioned!

  1. katrina het gesê op Augustus 24, 2011

    Nie ‘n lekker plek om te wees nie. Ek hoop tog daar is mense wat jou pad sal kruis en so ‘n klein bietjie vertroue sal herstel.

  2. TS het gesê op Augustus 24, 2011

    …sug…

  3. VozSola het gesê op Augustus 24, 2011

    daar is ‘n paar goeies…
    en ‘n paar bloggers ook…
    (dankie)

  4. VozSola het gesê op Augustus 24, 2011

    bingo en ditto!

  5. VozSola het gesê op Augustus 24, 2011

    …ai…
    die dag het nie mooi ge-eindig nie.
    (xxx)

  6. VozSola het gesê op Augustus 24, 2011

    Dis scary Pa-Flenters…sommer baie…

  7. VozSola het gesê op Augustus 24, 2011

    10/10!
    Dankie dat jy verstaan!

  8. Die paar dinge van die lewe wat ek al geleer het:
    Mens betray jouself soms.
    Mense sal jou betray. Dit is in hul gene…
    Selfs jou pa is nie ‘n superhero nie – jou hond ook nie.
    Ignorance is bliss.
    Ignorance is hel.
    Shit happens. En ‘n barrier breek ‘n mens se rug…
    Mens moenie te diep dink nie. Anders versuip jy….
    Kook altyd met vars herbs.

  9. Die paar dinge van die lewe wat ek al geleer het:
    Mens betray jouself soms.
    Mense sal jou betray. Dit is in hul gene…
    Selfs jou pa is nie ‘n superhero nie – jou hond ook nie.
    Ignorance is bliss.
    Ignorance is hel.
    Shit happens. En ‘n barrier breek ‘n mens se rug…
    Mens moenie te diep dink nie. Anders versuip jy….
    Kook altyd met vars herbs.

  10. VozSola het gesê op Augustus 25, 2011

    Sjoe…duidelik verstaan jy…Jy praat waar…en ek luister heel nugter (sonder koffie)…
    Stem nie saam oor myse hond nie…(sy’s super cute factor no 9)
    en ja…vars herbs…is net soos vars gedagtes. Ek was lanklaas in daaise herb garden van my. (sorry, right of admission reserved)
    Thanks vir die een!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.