by

Storie (2)

Augustus 22, 2011 in Sonder kategorie

Kuiertjie by my ouerhuis op ‘n ou jaarsaand vyf jaar gelede. Vanwaar ek sit, kan ek die een kamer se hangkas sien. Die hangkas sleutelhouer – ‘n kruisie wat liggies flikker as mens ‘n knoppie druk. Ons het lank so gesit en kuier toe die kruisie in die donker kamer vanself begin flikker.

Sonder paniek vra ek my ma, waar het sy die kruisie gekry. By ouma (Ma se ma) Oh, sê ek. Ouma is hier by ons. Ja, sê my ma, sy kan ouma voel vir ‘n paar weke al. Toe stap ek die kamer binne en ruik haar 4711 parfuum. Jip, ouma is daar by ons.

Na die happy-happy van nuwe jaar, gaan slaap ons. Ons slaap in die einste kamer. Ouma kom na my toe in my droom. “Ag hene tog Santjie, jy moet help. Ek praat en praat en niemand luister nie. Niemand verstaan my nie. Neem die foto’s en maak transparencies daarvan. Plaas hulle oor mekaar en jy sal sien wat ek probeer sê” En toe’s sy weg en ek wakker.

Eers baklei ek met my ma omdat as sy geweet het ouma is daar…hoekom luister sy dan nie na haar nie? Hoekom vra sy nie wat ouma wil hê nie?

So vaar ek en my ma die foto albums in. Niks maak sin nie. Ons het nie meer tyd gehad nie en moes daardie oggend terug ry Pretoria toe. Wel, nog skaars stap ek die huis in, toe onthou ek…ek het Ouma se album gekry toe sy drie jaar tevore oorlede is. Te same met ‘n paar ander dinge, want ek is haar naamgenoot. Wel, ek het daardie album voor tot agter gekyk, agter na voor, middel na weerskante en kry geen foto’s wat eers remotely dieselfde is nie. Wat opmekaar kan pas nie.

Tussen ek en my ma, het ons almal in die familie gebel. Veral my een tannie wat geseënd is met additional insig. Niemand weet nie. So gaan dit die hele January en February. Uit desperaatheid neem ek weer die album…en siedaar! Daar is dit! Daar is ‘n foto van hulle plaashuis jare gelede…en dan is daar ‘n foto van ‘n geverfde skildery van die einste foto van die plaashuis. Die enigste verskil is my een tannie se naam, geteken in die hoek, na sy die skildery voltooi het.

Ek gil oor die foon, want dit voel nie of my ma na my luister nie. Bel daardie tannie. Stuur iemand om te gaan kyk wat by haar aangaan… ‘n Week later het een van my tannies daar uitgekom. Die skok van die waarheid van omstandighede was te veel vir ons. Meeste het kans gekry om haar te groet… ek nie. ‘n Week later is sy oorlede. Sy is op my ma se verjaardag begrawe.

Ek is so bly ek het na Ouma geluister toe sy met my kom praat het. Ja, die familie het my vergewe vir die totale chaos en irretasie en persistence waarmee ek so hard probeer het om Ouma se boodskap te probeer onsyfer. Insluitend daai tannie wat telefonies steeds voorgehou het dat daar niks verkeerd is nie.

Dankie Ouma,

En ja, ek mis ouma.

En Ma mis ouma meer.

9 antwoorde op Storie (2)

  1. Dis scary stuff, Voz!
    Gelukkig het jy kopgehou.

  2. VozSola het gesê op Augustus 22, 2011

    Lou, dit was die een keer wanneer ek nie bang was nie!

    …ek het vandag baie aan jou gedink…
    xxx

  3. Dankie vir die denke, Voz.
    Nou dat ek nie naby haar is nie, voel dit onwerklik.
    xx

  4. Wow.
    Ek het hoendervleis!

  5. Weird, maar nice!

    Dankie virrie deel!

  6. VozSola het gesê op Augustus 23, 2011

    😉

  7. VozSola het gesê op Augustus 23, 2011

    mmm….
    🙂

  8. VozSola het gesê op Augustus 23, 2011

    Dankie…e
    k hoop ek kon so dalk jou oorspronklike vraag beantwoord.

  9. Dankie – die stories is nice voorbeelde van goed wat jy ervaar het – dis vir my moeilik om dit te interpreteer, of harde gevolgtrekkings daarop te baseer.

    Maar dis nie jou skuld nie – dankie nogmaals virrie deel!

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.