by

Wie se murg in watter pype?

Augustus 21, 2011 in Sonder kategorie

My arme kleinding het oornag ryk geword. Nee, ek verwys nou nie na Vrydag se Entrepreneur’s Fair by die skool nie. Alhoewel hy in sy twee ure se ‘trade’ met ‘n kapitaal uitleg van R50.00 ‘n skoon profyt van R540.00 gemaak het met sy “Coke Fishing”. (Kan julle nou meer, die kind wat die meeste geld gemaak het, was met ‘n doodgewone kussing-geveg!) Ek is seker enige Graad 7 onnie hierrond sal weet hoeveel hierdie “fair” vir die kinders beteken…nie inaggenome dat dit vir punte vir EMS is nie, maar daardie ingenome gesigte wat sommer stilweg moerse hard skree; “I’ve done it!”

Nee, ek praat hier van kulturele rykdom. Oormôre moet hy an oral presentation oor Kultuur doen. Nou nie enige een nie. Elke kind oor sy/haar eie kultuur. Dit is ‘n wonderlike geleendheid vir die kinders. Ja, sy Xhosa maatjies, sy Tswana maatjies, ‘n paar Zulu maatjies, ‘n Engelse maatjie hier en daar en ‘n verlore Afrikaanse maatjie tussen in, het geen probleem nie.

Nou-nou sit ons en dink ‘n naam vir sy kultuur uit. Ons besluit toe op Latin-Angli-kaans. Soos hy dit stel…Hy is Engels, afkomstig van ‘n Afrikaanse moeder en ‘n Latin-American vader. Sy nickname is juis “Foreigner” by die skool. (die ander buitelanders kan geëien word as Portugees, British etc. ) Hy kan nie. Nie eers sy aksent is herkenbaar nie. Meer kere as nie, moet ek hom vra om stadiger en duideliker te praat, want soms verstaan ek hom ook nie.

Hy wil glad nie sy presentation aan my voordra nie…en ek wens ek kon ‘n vlieg teen die muur wees om te hoor wat hy alles oor sy kultuur gaan kwytraak… want sy kultuur is nie heeltemal myne nie, ook nie sy pa s’n nie, nog minder ‘n Suid-Afrikaanse een…

Eens op ‘n tyd was ek effens bekommerd omdat ek ‘n kind gaan grootmaak sonder ‘n standvastige kultuur en die kennis van sy herkoms…maar ek dink hy het lankal reeds sy eie een gevorm.

(Ek weet daar is heelwat mense wat nie met my gaan saamstem nie, as as die ‘moeder’ wat met ‘n ‘moederstaal’ moes onderrig het…(en soos met meeste van ons met ‘n Calvinistiese gewete grootgemaak is) moes sy prmêre verwysingsraamwerk dus ook Afrikaans gewees het) – Weet ek vandag wat ek gedoen het, dalk ‘n blessing van blessings vir hom is.

Ek dink die arme kind het homself sopas ryk gemaak met ‘n mengelmoes van die beste uit vele kulture…

Aan die anderkant sit ek nou en wonder…is dit kultuur wat die murg in jou pype sit…of is dit die bene waarin die murg sit wat jou kultuur vorm? Is kultuur regtig die ultimate van menswees om jou die reg tot ‘n sekere groep toe te laat? Watter aspek van kultuur opsigself bepaal jou reg tot menswees of om minder mens as ‘n ander te wees, juis as gevolg van jou kultuur? Watter aspek van kultuur maak insake tot jou kennis van menswees? (Ek wil nou nie ‘n Graham Hancock debat begin nie) maar hoe dieper ek hieroor nadink…hoe meer gaan ek terug na dieselfde gedagte…”once, we were indeed all the same…” dus maak dit alles regtig saak, of is ek nou verkeerd?

6 antwoorde op Wie se murg in watter pype?

  1. avega het gesê op Augustus 21, 2011

    Ek wonder ook. Want daar is so baie mense wie se kutuur (of kulturele wortels) nie rerig ge pinpoint kan word nie. Ek ken ook nou ‘n hele paar blanke gesinne wat swart kindertjies grootmaak.

  2. VozSola het gesê op Augustus 21, 2011

    Hier in Petoors dorp is daar heelwat kleur gemengde gesinne (my man kry die horries as hy dit sien want hy glo steeds appels hoort by appels) maar ek dink in daardie gevalle is dit eerder ‘n GESIN as om NIEMAND te hê nie…en sulke aanneem ouers is Engele op aarde… Maar wat word van hul kultuur? Ek onthou ek het noudie ‘n program gesien waar Amerikaanse gesinne Haiti weeskinders aangeneem het…maar steeds die kinders se kultuur vertroetel…

  3. TS het gesê op Augustus 22, 2011

    Baie geluk! ons het ook altyd gekyk wie se idee maak die meeste geld.

    Soms wonder ek juis of daardie murg ons nie juis minder verdraagsaam maak nie

  4. VozSola het gesê op Augustus 22, 2011

    Thanx…
    Mmm…miskien raak ons pype net so nou en dan verstop…re: onverdraagsaamheid.

  5. Nice pos dié.

    Ek dink dat die goed uit die kultuur wat murg in mens se pype sit, die goed is wat herkenbaar is in die meeste kulture – Eer, en die gepaardgaande eerlikheid, self-trots, en dies meer.

  6. VozSola het gesê op Augustus 22, 2011

    nes jy sê…plus meeste mense verwar tradisie met kultuur…
    …en thanks…

Los ’n antwoord vir avega. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.