by

Tussen wou en sou is nou nooit gewees

Augustus 20, 2011 in Sonder kategorie

Ja-ja, van uitstel kom afstel…en van afstel kom daar net nog ‘n uitstel.

Eerstens; “ekskuus” aan;

Andrè – ek wou nog by jou kom toffie-fudge het…maar het aan die kuier geraak en toe ons weer sien…toe is dit al lank na drie… nou sit ek fudgeloos en droom oor daardie mooi ‘pakkies’ wat ek by jouse stalletjie gesien het!

Varkie – ek wou nog terugkom vir die boksie stilte en ‘n behoorlike kuier…maar so bogenoemde geval…toe ons weer sien…is julle weg!

Thomas – Duidelik het ek en jy nie by dieselfde stand koffie gekoop nie!! Anders was jouse koffie op my! 😉

Ten minste het ek myse Zaksaties gekry…!

En aan my Turkse vriend was kom hallo sê het, by ‘n Food Market gedurende Ramadan…? Duh, kon nie verstaan hoekom a fasting Muslim na ‘n kosmark wou kom nie! Well done om so die kos uit ander se borde te staar!

Ps. Nee, ek voel nie skuldig omdat ek sosaties, Jaffel, Chocolate koek, chocolate croissants, Hotdog en tonne koffie gehad by die mark gehad het nie…en gaan nou-nou Kerrie en rys warm maak.

Nou ja, van uitstel kom afstel…so ek het van die begin fluitjie tot nou-nou gesit en studeer! Ja, op ‘n Saterdag middag/aand gedurende daai eier-bal kaskanades nogal. Ten minste het my skuldgevoelens heelwat bedaar!

Ek het gedink ek weet wat in my boekrak is, maar duidelik doen ek nie. Ek sien toevallig “The Sunburnt Queen”   van Hazel Crampton raak… (weet nie hoe die boek in my rak beland het nie) Het enige van julle al die boek gelees…?

So ‘n boek het nou weer my brein reg binne daai guilt-trip-trap ingestuur…want ek weet sommer dit gaan ‘n laatnag word…van lees en dan moet ek môre weer leer om myself te pacify anders gaan dit ‘n baie lang week van uitstel en afstel word.

Wat is vir julle ‘n guilt-trip-trap?

13 antwoorde op Tussen wou en sou is nou nooit gewees

  1. TS het gesê op Augustus 21, 2011

    Jy klink darem lekker ontspanne daaroor en ek dink almal aanvaar jou verskoning.

    Ek doen nie meer die guild ding – of altans ek probeer

  2. lora2me het gesê op Augustus 21, 2011

    Ek is nou so antikwaries dat ek nie meer skuldig voel oor iets nie – just do it! Partykeer voel ek so ‘n bieeeetjie skuldig as ek ‘n hele plak sjokolade opeet sonder om ‘n blokkie vir enige ander persoon in die huis te los. Dis al.;)

  3. bloukaap het gesê op Augustus 21, 2011

    ‘n koeksister …… indien dit nou sou sinmaak

  4. Trakie het gesê op Augustus 21, 2011

    Fudgeloos?? Wat ‘n tragedie!

  5. VozSola het gesê op Augustus 21, 2011

    soos in totally…sad!

  6. VozSola het gesê op Augustus 21, 2011

    …net as ek dit nou sou wou!
    Hola, hoekom so stil?

  7. VozSola het gesê op Augustus 21, 2011

    …net miskien ‘n koffie…chocolate…en geselsies…

  8. VozSola het gesê op Augustus 21, 2011

    lol…ek doen dit gereeld…sonder ‘n gewete!

  9. VozSola het gesê op Augustus 21, 2011

    🙂
    Ek hoop so!

  10. HeavyHenry het gesê op Augustus 22, 2011

    Guilt trip?

    Wat is hierrie “guilt” waarvan jy praat?

    🙂

  11. VozSola het gesê op Augustus 22, 2011

    ;-)))

  12. No Sweat! Ek kan mos nie iets teen iemand hou wat haarself met soveel passie oorgegee het aan tjoklit-lekker–dinge vannie lewe nie…die ou rug het gebrom – daarom het ek gou verkas na die lafenis van my bed…

  13. VozSola het gesê op Augustus 25, 2011

    😉
    …daai chocolate cakes (ek baie meer as een gehad) was FFF!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.