by

Storie (1)

Augustus 18, 2011 in Sonder kategorie

Pas veertien geword. Laatnag nog gelê en lees. Die telefoon lui… ‘toemaar, ek sal dit kry’ Dis Ouma wat bel. (Pa se Ma) Sy het lank met my gesels oor sommer alles. Bietjie oor dit en bietjie oor dat. Toe raak sy tranerig. Ek vra wat is verkeerd. Sy sê ek moet nie kommer oor haar nie. Alles is reg. Sy is net baie hartseer oor die dinge wat haar pla. Ek vra, ‘wat pla?’ Sy sê, dinge wat ek nog sal leer. Sy sê sy kan nou nie langer praat nie, want dit is al baie laat en tyd raak min. Ek moet vir almal groete stuur. Spesiale groete.

Die foon neergesit en terug kamer toe geloop…terug geklim in die bed en lig afgesit.

Net weer aan die slaap geraak, toe lui dit foon weer…deur die slaap sê ek my Ma, moenie worry nie, dis net weer Ouma om baai te sê. Sy’t klaar vir my gegroet.

Ek raak toe weer aan die slaap.

My Ma kom maak my wakker. Ouma is dood. En haar ongeloof en verbasing was eindeloos oor HOE het ek GEWEET? Ek bly sê, Ouma het my dan gebel om baai te sê…wat verstaan sy nie daarvan nie? “Maar hoe het jy geweet en hoekom het jy gesê dis Ouma wat bel om baai te sê, nog voor ek die foon geantwoord het?” “Ma, het ma dan nie die foon hoor lui nie? Het Ma my nie gehoor praat met ouma nie? Ek’t dan sooo lank met haar gepraat?” Nee. Die foon het nie gelui nie. Jy’t gelê en boek lees en so aan die slaap geraak…”

Ons is al die pad Hartswater toe vir die begrafnis. Dit was super aaklig. (since daai dag weier ek om na enige begrafnis te gaan) Alles was okay…tot by die begrafplaas. Daar het ek siek geword. Ek het koors gekry. Naar geword. Die bloed het teen my bene in my skoene ingeloop…iemand het my hospitaal toe geneem terwyl die begrafnis nog aan die gang was. Ek het uitgepass en eers laataand by my tannie se huis wakker geword. (Welcome to the world of womanhood!)

Iets vreesliks het daardie dag in my mind verander. Vir altyd. ‘n Type of knowning…something and yet nothing. Niks was ooit weer dieselfde nie.

Sowat twee weke na die begrafnis kry ons die foto’s in die pos. (Hoekom ou-mense altyd kiekies van ‘n oop graf moet neem, is way beyond my comprehension!)

Waar ek gestaan het, was ‘n swart kol in die rooi grond sigbaar.

Op die hoop grond, Aan ouma se kop kant…was ‘n donker kol.

Toe was daar an odd-one-out foto van ‘n ou-grafsteen….

Gebore 24 December…25 December…Een ou daggie oud. Skaars 24 uur oud… êrens tussen ‘n gister en ‘n vandag… sommer so… lê my eie boetie.

Iemand ‘slim’ soos in mmm….John Edward se tipe van slim – het eendag vir my vertel (sonder die persoon se kennis van enige iets) presies wat my my gebeur het. Van die oproep tot met die klein graffie…en dis hoekom ek is wat ek is…en hoekom dit altyd so sal wees.

Sy was ‘n wrede vrou, sy is steeds.

Dis al wat ek kan sê.

11 antwoorde op Storie (1)

  1. VozSola het gesê op Augustus 18, 2011

    Naand Pa-Flenters…

  2. VozSola het gesê op Augustus 18, 2011

    …dis net die prentjie wat nie altyd so mooi is nie…

  3. Daar’s ‘n plek…vir alles

  4. Daar’s ‘n plek…vir alles

  5. VozSola het gesê op Augustus 19, 2011

    Dankie!

  6. VozSola het gesê op Augustus 19, 2011

    nes jy sê…

  7. Dis ‘n weird storie.
    Dit impliseer vir my ‘n tipe van Vampier.

    Onlekker.

    Dankie anyway – nice van jou om te deel.

  8. VozSola het gesê op Augustus 20, 2011

    nee Henry, ek dink nie so nie… ja onlekker is dit wel…maar net om te wys dat daar wel dinge aan die anderkant gebeur…en dat daar wel interaksies plaasvind op soveel vlakke dat dit onmoontlik is om elk te plaas of te probeer onleed…
    binnekort volg ‘n storie (2) want hulle is nie almal so nie.

  9. Ek kyk uit vir hom!

  10. VozSola het gesê op Augustus 22, 2011

    2de een is op…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.