by

Help my soek, s’blief

Augustus 9, 2011 in Sonder kategorie

Onse bloggers is interessante mense. Dit weet ek.

Ek weet ook dat iemand êrens in hulle se boekrak ‘n ou-ou boek het, wat sonder

doel stilstaan en stof opgaar. Ja-Ja, daai een heelbo oppi rak…of doer onder…gewoonlik

in die middel van die ry rond…

As jy dus “Something rich & strange” deur Lawrence G. Green (1962) op jou rak het…moenie eers

moeite doen vir afstof  nie…gooi net C.O.D inni opgestopte plastic koevert.

Ek sal mooi afstof, bladsy vir bladsy en daarna ‘n ere plekkie op myse rak gee.

🙂

Vra ek met blink ogies in afwagting!

12 antwoorde op Help my soek, s’blief

  1. avega het gesê op Augustus 9, 2011

    Nog nooit daarvan gehoor nie, maar as ek weer my pa se boekrak bekyk sal ek bietjie soek en hy sal nie eens weet as ek dit vir jou aanstuur nie.

  2. VozSola het gesê op Augustus 9, 2011

    oooh…sjoe, dankie!
    ps…pa’s weet altyd…vra my!

  3. VozSola het gesê op Augustus 9, 2011

    Jip, jy’s reg.
    Dankie!!
    ps…BidorBuy grein teen my geloof…te veel stories van aan die kortste end trek.

  4. VozSola het gesê op Augustus 9, 2011

    Dankie Pa-Flenters!
    Ek dink jy sal daai boek ook geniet!

  5. Trakie het gesê op Augustus 9, 2011

    Hoop jy kom reg.

  6. VozSola het gesê op Augustus 9, 2011

    Thanks!
    🙂

  7. Probeer bietjie by http://www.betterworldbooks.com, ‘n mens kry soms interessante kopies daar, en hulle ship verniet deesdae uit Amerika uit…

    Nee, hulle het hom nie tans nie, maar dis een van die lekkerste plekke om boeke te soek, hulle diens is gewoonlik uitstekend.

  8. VozSola het gesê op Augustus 9, 2011

    Dankie ds. Ek sal daar gaan rondloer vir ‘n Maya Angelou…maar hoekom moet ek so ver gaan soek vir ‘n mede Suid-Afrikaner se boek? Dit moet vergete êrens op iemand se bookrak staan…Gaan loer bietjie in joune…jy wee daai boks in jouse garage…dalk?
    🙂

  9. VozSola het gesê op Augustus 9, 2011

    Diegene wat nuuskierig is…
    gaan loer hier: http://en.wikipedia.org/wiki/Lawrence_G._Green

  10. loudavisi het gesê op Augustus 10, 2011

    Ek sien jy het reggekom, Voz.
    Net weer ‘n bewys van ons besonderse blogmense!

    xx

  11. Ek hoop jy kom reg en sterkte.

  12. HeavyHenry het gesê op Augustus 10, 2011

    Nope – en nou het jy my nuuskierig!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.