by

277 dae, dis al.

Augustus 7, 2011 in Sonder kategorie

Was nog altyd ‘n slow-starter…Da Vinci code het die wêreld aan die gons gehad…maar ek het gewag tot die storm in die koppie lankal uitgespoel en gewas en terug op die rak was voor ek dit aangedurf het. So was dit nog maar altyd. Ek was nog nooit een vir band-wagon ride nie, het maar altyd die kaalvoet oor die berg pad verkies…en altyd laaste in die ry.

Ek was ‘n tom-boy of note, tot na matriek, wanneer ek eers regtig geleer het wat sykouse en stiletto’s eintlik regtig is behalwe Sondag se “moet-dra” kerkdrag en dat stilletto’s nie net gratis grasperk omdolwe voor die kerkingang is nie. BMX bikes was mooier en meer doeltreffend as girlie-mandjie-bikes…en boomklim die perfekte plek vir wegkruip en lees. Ens.ens.ens.

Op die ouderdom van 33 het ek vir die eerste keer agter ‘n stuurwiel ingeskuif by ‘n leerskool en geleer bestuur. Op hierdie ouderdom ook my bestuurs lisensie en kar gekry. (hoekom ek nie wou bestuur en steeds nie regtig gretig is daaroor nie, is ‘n lang boring storie)

Toe ek 89 dae gelede verjaar het, het ek myself belowe dat voor ek 40 word, dat ek ‘n ander werk moet kry, en iets leer waarvan ek absoluut niks van af weet nie.

Nou ja, na 21 jaar se werk by dieselfde plek…begin die hotelbedryf eintlik die hele hospitality en tourism sector my nou te na kom. It just ain’t serving me no more. Dis al hoe ek dit kan verduidelik. Nuwe werk soek in hierdie industry is op die oomblik soos skaars soos hoendertande na onse sokkerbal ondervinding. Hotelle maak oral toe. Dis hartseer…en onse Minister kortbroek staan ook maar voor die leë bazaar tafel. Wie weet wat die verdoemende 2de ressessie aan die industrie gaan doen, as die eerste een nog nie verby is nie… Daardie resessie van onse beursies in die bedryf ook oop en dolleeg…dit is ‘n ondankbare werk verseker. Lang ure vir klein sente aan die einde…Dit maak dit ongelooflik moeilik as die druk op my geplaas word…om beter te verdien.

Nou ja, terwyl die werk-soek se oes reeds gefaal het, en ek weer van voor af moet bemes, bewerk en saai…het ek nou ingeskryf vir ‘n diploma kurses in Project Management. Kan jy glo, weereens ‘n late-start vir my op hierdie ouderdom…(want ek het nooit die geleentheid gehad om te gaan leer nie) en reeds is die mense wat my ken pessimisties oor hierdie besluit… Oor ek reeds elf ure ‘n dag werk…plus travelling time in hierdie stad kan ek drie keer met die Gautrein ry voor ek eers by die huis kom…dus is ek so te sê 13 ure uit die huis, gou-gou stop by ‘n winkel of twee oppad terug huis toe…waar gaan ek nog tyd kry om suksesvol iets te leer as ek skaars tyd het om saans kos te maak, familie tyd te spandeer en dan te gaan slaap? My huismense verwys reeds spottend na my as ek saans by die huis kom “as the four-hour visitor” Ek sidder om hulle van my studie-planne in te lig as ek my eerste boeke teen Woensdag ontvang. (hence ek vinniger ‘n werk moet kry wat normale ure werksure kan verskaf)

Nou wonder ek, is ek nie dalk uiters selfsugtig nie? Teenoor ander na aan my en dalk teenoor myself nie?

Ek het net 277 oor om my eie belofte na te kom…indien nie…dink ek ek sal verander in ‘n non-starter after all, en wat de flip doen ek dan?

17 antwoorde op 277 dae, dis al.

  1. elgado het gesê op Augustus 7, 2011

    Go for it met al wat jy het!!

    Werk is tans moeilik in alle sektors – maar die wat waag, wen! En wanneer gaan jy studeer? Seker maar wanneer jy trein ry? Of iets. Maar tyd kan mens daarvoor maak. As jy enigsins kans sien, go for it!!

  2. TS het gesê op Augustus 8, 2011

    Natuurlik moet jy dit doen. Wens ek het dit gedoen Noudat ek afgetree het besef ek ekmoes nooit ‘n onderwyser geword het nie!

  3. Neander het gesê op Augustus 8, 2011

    Nee, jaag jou passie na.

  4. Doen dit, Voz!
    Niemand sal dit van jou kan wegneem as jy dit eers het nie.
    Jy gaan anyway tjoef-tjaf daardeur draf!
    xx

  5. “You can’t please everybody, so you gotta please yourself!”

  6. lora2me het gesê op Augustus 8, 2011

    Gebruik die lang treinritte vir die leeswerk en jou etenstyd vir die skryfwerk. In jou beroep het jy vir seker al geleer om laaaang ure in te sit en baie gedissiplineerd te wees. Dus, is jy al halfpad op die wenpad. Sukses!!

  7. Go for it!

  8. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    henetjie tog!’Ek wil julle sommer almal aanneem as myse familie en vriende…miskien weet julle iets wat hulle nie weet nie!

  9. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Dankie Pa-Flenters!
    Ja, eerder ‘n slow-starter dan…
    😉

  10. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Cool, ek maak dan soos jy sê!

  11. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Nee jong, ek neem die pad…en dis die verkeer wat deesdae so stadig uit die stad vloei…en dit neem forever…

    dankie vir die ondersteuning.

  12. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Dankie…ek gaan nou so maak…my eie droom net vir een keer…

  13. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Hallo Vreemdeling!
    Jip…ek gaan probeer.

  14. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Eish…jy klink vreeslik optimisties vir my part…sal dan en wan bietjie by jou kom leen!
    xxx

  15. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    hoy, ek hoor jou!

  16. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Onderwysers is blessings tot die mensdom…!!!

  17. VozSola het gesê op Augustus 8, 2011

    Dankie vir die aanmoediging…ek sal my tyd maar fyn moet sny….miskien eerder ‘n halfuur soggens leer, as om blogs en nuus te lees?
    ai…dit gaan maar moeilik wees.

Los ’n antwoord vir VozSola. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.