by

Genadedood of sal dood bloot genade wees?

Augustus 1, 2011 in Sonder kategorie

Ek staansteeds verdeeld teenoor twee sake in die lewe…Aborsie en Genadedood.

Laasgenoemde is die eerste gedagte wat vanaand by my opgekom het gedurende die nuus op SABC3. Dit is hartverskeurend moeilik om selfs te probeer comprehend hoe daardie mense in Somalia oorleef. Nog sadder was die feit dat ek net-net aandete klaargemaak het, en met ‘n lekker stukkie beefstuk voor die tv sit en eet terwyl ek nuus kyk. Nog meer was die eerste woorde wat ek gesê het toe ek vanaand by die deur instap. “I’m screaming hungry…had no time for lunch…”

Ek weet ek moenie skuldig voel oor my dinner nie. Maar hene tog…het jy daardie siele gesien? Nee, ek praat nie van die stukke vel en been nie…nog minder die feit dat hul skaars asem haal…ek praat van daardie glaserige oë wat so na die kamara gestaar het…groot oë, lank verby die ‘help my’ uitdrukking…daardie groot oë vol niks…absoluut niks…vergete siele in ‘n verkrimpte ligaam…

Met Internasionale hulp wat amper-amper-en-te-laat daar opgedaag het…pypies, drips wat vloeistof in ‘n kurkdroë ligaam inpomp vandag…en miskien nog môre…maar wat van oormôre? Sommige van hulle het verseker al reeds lankal permanente skade…moet van vooraf leer loop…sit…eet…en die inkrimping van die brein se skade is groter as wat die natuur dit vanself met bietjie water en ‘n bordjie pap kan herstel.

Gaan lees bietjie die feite.

Sondig soos ons is…wonder ek of daar nie maar ‘n ietsie ekstra ‘hulp’ in daardie drip geplaas kan word nie…hoe genadig sal so ‘n moord nie vir hulle wees nie?

My hart breek aan beide kante van hierdie saak…

Al genade is, dat ek nie so ‘n besluit hoef te maak nie.

11 antwoorde op Genadedood of sal dood bloot genade wees?

  1. Dit klink hard maar die natuur moet toegelaat word om sy gang te gaan.

  2. VozSola het gesê op Augustus 1, 2011

    hi daar…ek weet…maar dit is so bitter moeilik om sulke dinge te aanskou…en, ja…

  3. VozSola het gesê op Augustus 1, 2011

    Hallo Pa-Flenters…jy sê dit so mooi…alles in een…en een in alles…

  4. Dit hinder my ook so dat ek nie my bord kos met die gewone oorgawe kan verorber nie.

  5. Dis moeilike goed die, maar feit is: mense teel aan soos rotte en dis die oorsaak van die proleem.

  6. bloukaap het gesê op Augustus 2, 2011

    ek is ten gunste van beide met paar logiese voorbehoude

  7. Jy kan maar die doodstraf by jou lysie voeg – want deesdae wonder ek baie daaroor…

  8. VozSola het gesê op Augustus 7, 2011

    Dis met rede hoekom ek nie daardie tot my lysie toegevoeg het nie…
    dit het nog nooit gewerk nie (nie as justice nie ook nie as afskrikmiddel nie)…en sal ook nooit nie.

  9. VozSola het gesê op Augustus 7, 2011

    en met natuurlike nadele?

  10. VozSola het gesê op Augustus 7, 2011

    mmm….maar….

  11. VozSola het gesê op Augustus 7, 2011

    Skuus Lou…nie my bedoeling om te ontstel nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.