Jy blaai in die argief vir 2011 Junie.

by VozSola

Hoe doofstom is stilte werklik?

Junie 7, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Silent treatment? Is dit eerder ’n handeling as behandeling? Het stilte werklik soveel mag – die mag om jouself met die klank van niksheid te omring en ewe saligheid te ervaar?

 

Hoe meet jy dan stilte as die uithoeke van die algehele niksheid ligjare vanuit die donker wurmgat in die hemel, jare later steeds hul met hul stilte in die hemelruim raas?

 

Hoe meet jy dan stilte as die mees stille gedagte van diep uit jou siel so luidkeels op ’n skerm en luidspreker eggo op die toppunt skaal van breinaktiwiteit?

 

Hoe meet jy dan stilte as ’n stille traan so donners hard ’n ander se gees kan breek?

 

Hoe meet jy dan die stilte voor die storm, as dit stilte harder as die storm woed?

 

Hoe meet jy dan stilte as jy dit sou opneem en dit steeds nie geraas kan uitvee?

 

Hoe meet jy stilte van ongesproke woorde, onvertolk maar so loud soos ’n rock-deuntjie, draal dit deur die emosionele heelal vir almal om steeds deur vibrasies van verstaan te voel?

 

Ek staan vandag verstom in die heelal van stilte.

Kan julle dit ook hoor? Of moet ek sagter praat?

 

by VozSola

Stunning maar sad…

Junie 6, 2011 in Sonder kategorie

STUNNING!!! Fotos by ‘n baie sad geleendheid vir soveel mense daar.

Ons het skaars Saterdag familie daar geskype…en hulle sê so ewe, ‘nee, dit raas maar net so nou en dan” en die volgende oggend is die monster op hulle!

Dit is baie hartseer, want daardie reeks vulkane is geleë in sekerlik die mooiste dele van Chile, naby Osorno, manlief se geboorte dorp…hoeveel dekades gaan dit nie duur om weer so mooi te word nie…

Ek dink Moeder natuur moet deesdae heel moerig wees vir ons aardsbewoners om so te bewe, te spuug en te spoel…miskien moet ons vir ‘n slag stilstaan en ophou om saam met die aarde te draai, sodat ons weer vir ‘n slag vastrapplek kan kry en geniet wat by ons verbygaan…

Wie weet…miskien sal ons ook kan hoor, sien en voel…en verstaan…en nie

net grootoog na die maan staar en dowe-blind-stagneerende drome droom nie.

by VozSola

2011 jaar is ‘n vreemde jaar sowaar…

Junie 6, 2011 in Sonder kategorie

 

Hierdie een is uit my Inbox geleen…

 

Julie 2011 het 5 Vrydae,

5 Saterdae and

5 Sondae.

Dit gebeur net een keer in elke 823 jaar.

 

Hierdie jaar is daar ook vier interessante datums:

1/1/11,

1/11/11, 

11/1/11,

11/11/11.

 

Nou vir die iets anders…

 

Neem die laaste twee syfers in die jaar waarin jy gebore is, Plus nou die ouderdom wat jy hierdie jaar gaan wees…

Die antwoord is  111 vir ieder en elk in die wêreld!

(Ek dink nie Robin Jackman het dit verkeerd gehad om sy nelson so nou en dan ontydig te roep nie!)

by VozSola

Politiek vir Dummies

Junie 2, 2011 in Sonder kategorie

A Statesman is a politician who places himself at the service of a nation —-
A Politician is a statesman who places a nation at his service.
Georges Pompidou

Ja-Nee.

by VozSola

Afkop hoenders en die sirkels van drome

Junie 1, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Laas jaar hierdie tyd het die hele land so afkop hoenders rondgehol in die hoop van ’n ander se droom. Die SWC legacy het niks anders as wit olifante en stukkende beursies agtergelaat nie. Van die hoop van rykdom, hetsy die bal, die beker of die geld, het weinig min oorgebly. Die hoop het skaam-skaam met die laaste besoeker op die vliegtuig in die niet verdwyn.

 

Wat agtergebly het, was stukkende harte, gedwonge gebreekte besighede, meer arm mense en geboue met half plastic gras wat vir niks anders as sangkompetisies goed genoeg is om te vul nie…ook maar net halfpad want ek kan nie ’n U2 konsert in Polokwane insien nie! Nog minder ’n a Blackeyed Peas concert in Mbombela!

 

Helaas, die demokrasie, die saam staan, en saam droom van een nasie van vele… Hetsy jy stemreg en vryheid van spraak het. Hetsy jy gewerk het vir jouse pension, of deur die staat onderhou word. Almal hier het aan die kortste end getrek…

 

Tensy jy soos ek gisteraand by die corner kêffie brood gaan koop het, en lang toue van drome gesien het. ’n Bekende boemelaar in die omgewing, die ou tannie van die ouetehuis, die leerbaadjie-blink-mags-juppie, die polisie beampte, die petrol joggie, die buurvrou van oor die straat, die ouderling en die engelse dominee…hulle het almal daar in die ry gestaan…en met blink oge hulle hande liefdevol oor die pink papiertjies gevryf. Hierdie EEN keer kon ek ’n nasie van vele as een sien staan. EEN droom wat almal droom. Die uitvoerbaarheid verskil – maar die droom is dieselfde.

 

En dan, wat het gebeur… NIKS…en die mense droom steeds voort, hierdie keer groter as van te vore. En vir wat? Hoekom? Want hul drome kos nou R100,000,000…en steeds die dinge en drome wat wel verniet is, is skielik nie meer belangrik nie.

Geld laat mense saam staan, saam droom…en as hulle dit het, vernietig dit alles wat belangrik is. Wat nie gekoop kan word nie, is goedkoop. Hul geluk is beperk tot nommers op papier…en geld is ook maar net ’n nommer op papier met ’n prentjie daarby.

 

Hoe goedkoop is daardie lotto kaartjie se drome in jou wallet?