by

Home-alone…mmmm?

Junie 21, 2011 in Sonder kategorie

Moenie my vra waar ek dit gelees het nie. Ek weet dit was êrens tussen 04h30 vanoggend en 17h00 vanmiddag, dalk op die net, of die koerant of e-mail newsletters…

Kinders – vakansie – alleen tuis…

Ek was sewe jaar oud en my sus nege toe ons alleen na skool by die huis gebly het. My ma het nog nooit ‘n bediende gehad nie, het voltyds gewerk (actually sy is nou 68, het steeds nie ‘n huiswerker nie, en werk nog steeds voltyds) Ek onthou hoe ons na skool huistoe geloop het. Buite gespeel het, in die straat gedrentel het…berg gaan klim het… en so nou en dan skoolwerk gedoen het.

My ma is ‘n hospitaal-suster en hulle ure is mos anders as die 9-5 moeders s’n. Drie keer per week het sy eers na 19h00 saans tuisgekom – daardie dae moes ek sorg vir aandete… Dus was ons van vroeg reeds geleer om onafhanklik te wees, en natuurlik bietjie vinnger groter gedruk met regte verantwoordelikhede… Natuurlik was daardie dae anders en klein-dorpie-kinders het ‘n anderste soort van ‘freedom’ gehad as wat die stadskinders ervaar het.

Nou ja, that was then, and this is now…

Hierdie week het ons ‘n bietjie van ‘n groot schedule-clash en gelukkig kon ons iemand kry om kleinding van die skool by die huis te kry en seker te maak al’s is okay. Dan is dit ‘home-alone’ vir hom tot ek dit deur die stadsverkeer huistoe maak…(EK WENS HULLE WIL DAAI DUNCAN-SCHOEMAN-PRETORIUS-intersections nou klaar-bou – FLIP – EEN LANE uit die vyf?) om 18h30 by die huis te wees…

Maar ‘n moeder word mos met ‘n worry-gat-hart-gebless as sy die dag geboorte skenk – en ja, ek is bekommerd oor hom. Nie oor dinge wat hy sal doen/nie doen nie, maar oor die onveiligheid in hierdie stad van ons. Nee, hy waag dit nie eers uit die huis as hy alleen is nie, en as hy met die honne wil speel (hulle speel graag sokker saam) dan is dit aan die een kant van die huis – die een waar hy vinnig oor die bure se heining kan spring – want hulle werk van die huis af…

Word ons kinders soos voëltjies in hokkies opge-coop – omrede die potential-veiligheids-invasion-sindroom dit onmoontlik gemaak het vir hulle om soos ons ‘freedom’ te ervaar? Is dit meer so in die stede as in dorpe?

Miskien klou ek nog maar net aan my small-town-sindroom grootword jare…dat ek dalk nie mooi onderskeid kan tref tussen hedendaagse ‘reg-en’verkeerd’ as dit by ‘n 13 jarige se home-alone kom nie…

2 antwoorde op Home-alone…mmmm?

  1. Modigliani het gesê op Junie 22, 2011

    Elke kind verdien die vryheid van so grootword.
    Dit is so jammer dat hulle nooit soos ons sal kan fietsry in die strate saam met die kinders se buurt, toktokkie speel, boomklim, alleen winkel toe stap nie…
    Society is sick.
    En ons kinders kry die swaarste onder die simptome.

  2. HeavyHenry het gesê op Junie 22, 2011

    Dis ‘n pes, die vrees. As dit jou eers gevang het, los dit nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.