by

Blinde-piering-ogies met blanko gedagtes en vinger-inni-bek…

Junie 20, 2011 in Sonder kategorie

So sit ons elk ten minste vir 20-30 minute in ‘n uur en ‘n half – meestal onbewustelik – want ons is al deur die jare reeds so gebrein-…. om bloot heel gelate hierdie onrealistiese en onnodige en ingekleurde lieg-sponsor-prentjie-stories te aanvaar – so asof ons lewe daarvan gaan afhang…as jy nie hierdie seep of daardie room gaan gebruik nie…of sonde pleeg om nie ‘n k.k nagebootse weergawe van daai m..r groot hamburger onmiddelik te gaan shop nie! (dink julle as ek my big-screen na hulle vat…dat ek kan insist om my hammy in daardie actual size te kry…anders belieg hulle my mos! Seeing is believing after all…)

Kan iemand asb daai Wimmy-Hammy girls van die tv kry…of daai ‘look alike grys-pak-kaal-kop-grys-wenkbrou-something-resembling-what-ever-omies” in die see inspoel…

En ja…jy hoef nie te kyk nie…en ons doen nie…maar ek sweer hierdie goed volg jou…hulle breinspoel jou koppie uit terwyl die ketel kook…en jy luister oor die elektriese-water-borrels juis om te hoor wanneer die geselekteerde program weer gaan begin…

Deesdae PVR ek my gunstelinge…want die ffwd knoppie werk lekker om jou uur program in 20 minute klaar te kyk…

Nou ja,

Hierdie was nou vreeslik baie woorde – net soos ‘n ‘goeie sielkundige-beplande advertensie” net om eintlik te sê;

“Jislaaik, maar hulle lieg lekker op tv deesdae!”

12 antwoorde op Blinde-piering-ogies met blanko gedagtes en vinger-inni-bek…

  1. loudavisi het gesê op Junie 20, 2011

    Briljant gesê!

  2. gaan hulle later die blog ook onderbreek om eers ‘n volskerm ad te laat loop?

  3. bloukaap het gesê op Junie 21, 2011

    so-waar-as-wors

  4. Spot on!
    PS – was jy Saterdag by Hazel-mark? Jou nie gesien nie, maar daar was ook so baie mense…

  5. Modigliani het gesê op Junie 21, 2011

    Ek PVR ook, dis eintlik skokkend hoeveel advertensies daar tussenin is. Die program wat die minste ads het is defnitief House.

  6. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    mmm…nog nooit gekyk nie…

  7. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    naand sê,
    🙂
    ps. nee, het die afgelope 12 dae horisontaal verkeer – met griep…maar moes gister weer die lewe vertikaal in die oge staar…

  8. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    laat my dink aan ‘n (sekerelik van ‘n kaapse oorsprong) spreekwoord…
    so-reg-soos-‘n-hoer-se-hart…
    maar inni TVL sê ons eerder…so-reg-soos-reën!

  9. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    gelukkig check LD duidelik nie onse blogs nie, anders sou hulle gister al jouse idee ge-impliment het!

  10. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    ha-ha…lees my kommentaar aan Pruimtwak…

  11. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    dis SKANDELIK!!! Sies!!!
    Het jy nie die IPL gevolg nie?

  12. VozSola het gesê op Junie 21, 2011

    🙂
    Wou die prentjie bietjie meer ingekleur het…maar herbs-en-spices maak nie altyd geurige-skrywe-disse nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.