by

Afrikaners is onplesierig, dit kan julle maar glo!

Junie 17, 2011 in Sonder kategorie

Selfs na Rooi Rose met soveel oorgawe na sekere van ons gawe en talentvolle bloggers verwys het, is ek seker daar is heelwat nuwe ghost-readers in onse midde. Hopelik kom ploeg hulle ook binnekort hulle woorde hier in blogland.

As mens so na sommige van die blogs kyk van die afgelope week of twee, en veral die kommentare lees, bewys dit maar net weereens hoe onplesierig en onbedagsaam en gewoon net vieslik mense met mekaar kan wees. Geheel en al onnodig en oorbodig.

Ek wonder nou net, as daar vandag ‘n oorlog moes uitbreek, hoeveel van die manne hier gaan saamstaan en saamveg…en hoeveel van die vroue te same na die gemeenskap sou omsien. Want dit blyk dat mens nêrens meer in veiligheid eers jou eie denke mag openbaar sonder dat diegene wat die blogson beheer nie eers jou woorde en denke verduister nie.

Hierdie blogson mense is niks anders as abusers nie. Meeste ken die natuurlike en ooglopende eienskappe van die perfekte mishandelaar. Hulle is juis diegene wat mense se oë laat rek en hulle hande om hulle oop monde saamslaan en fluister; “Nooit, hy/sy is dan so ‘n nice en vriendelike persoon!”

Maar hulle MO is altyd dieselfde. Verkleineer, verafsku, vloek en skel…emosionele uitmergeling, afstomping en uit tart… eers one-on-one…dan soek hulle ‘n audience…en dan…al wat nog nodig is, is om gemoer te word…meestal is dit nie nodig nie, want woorde sny dieper en seerder as ‘n blou oog en ‘n pers kol.

Aan die ander kant, is blogland ‘n lekker plek waar mense met dieselfde belangstellings denke kan uitruil…en ander sinvol debateer. Die bloggers wie ek al ontmoet het, is regte egte mense met harte van goud.

Dit is slegs jammer dat daar in elke gemeenskap ‘n abuser of twee agter die kantgordyn skuil…en omdat die wêreld so emosioneel afgestomp geword het, wil nie eers die bure wat die geskree hoor, hierdie mense aanmeld nie. Ironies genoeg, die LD en LN polisie raak nie by domestic abuse betrokke nie, want hul speuders is nie qualified op die gebied nie.

Dis sad.

Dis al.

17 antwoorde op Afrikaners is onplesierig, dit kan julle maar glo!

  1. elgado het gesê op Junie 18, 2011

    Haai Vos. Moenie dat die trolle jou afsit nie. jy kry hulle maar orals, op die strate met “road rage”, in die winkels waar hulle mens omtrent uit die pad stamp, op die skoolgronde as boelies – waarom sou hulle nou juis van die blogs af wegbly? Waar mense saamkom, kry mens ok maar daardie soort. Moenie dat hulle jou pla nie’; doen maar soos ‘n eend met water.

  2. VozSola het gesê op Junie 18, 2011

    hi Katinka,
    Ek word persoonlik nie geteister nie…maar dit maak seer as jy iemand in die winkel-sentrum ‘n trollie sonder lisence sien loop en kort-kort die een voor hulle se hakskene vel-af ry!

  3. VozSola het gesê op Junie 18, 2011

    ek hoor jou…
    maar tit-for-tat is gewoon die swakker keuse om konlik te vermy. Meeste doen dit. “whatever you say, I can say it better” attitude is net so skandelik.

    Aan die anderkant, het elkeen maar hulle eie manier om situasies te hanteer, geeneen minder reg as ‘n ander s’n nie…

    Ek spekuleer nie oor who’s who nie. Wil ook nie en stel nie belang nie… Gee ook nie om wat hulle duistere motiewe mag wees nie. Ek wil net hê hierdie soort van verbal abuse op ander moet ophou, want dit maak die lewe onplesierig…

  4. gjrtjrtjrt het gesê op Junie 18, 2011

    ONLINE STORE :

    ====( http://www.etradinglife.com )=====

    The website wholesale for many kinds of fashion shoes, like the nike,jordan,prada,****, also including the jeans,shirts,bags,hat and the decorations. All the products are free shipping, and the the price is competitive, and also can accept the paypal payment.,after the payment, can ship within short time.

    free shipping

    competitive price

    any size available

    accept the paypal

    jordan shoes $32

    nike shox $32

    Christan Audigier bikini $23

    Ed Hardy Bikini $23

    Smful short_t-shirt_woman $15

    ed hardy short_tank_woman $16

    Sandal $32

    christian louboutin $80

    Sunglass $15

    COACH_Necklace $27

    handbag $33

    AF tank woman $17

    puma slipper woman $30

    ====( http://www.etradinglife.com )=====

  5. Sò ‘n mond kort jêm!
    🙂

  6. UNPOCO het gesê op Junie 18, 2011

    Ek stem Kammi, elke land het bemesting nodig maar dan moet dit goeie bemesting wees.

  7. UNPOCO het gesê op Junie 18, 2011

    Ek wil nog gaan lees in die Rooi Rose…..

    Ek sê nog steeds ignoreer dit net en dit sal weggaan.

  8. UNPOCO het gesê op Junie 18, 2011

    Ja Kammi, elke “land” het seker bemesting nodig maar dan moet dit goeie bemesting wees.

  9. TS het gesê op Junie 18, 2011

    ek was vir twee weke weg en dit voel soos 2 jaar Die goeie/gawe/vriendelke bloggers is altyd meer as die trolle en daarom kom mens altyd terug. Die trolle se mening is tog eintlik onbelangrik

  10. Geitjie1 het gesê op Junie 18, 2011

    Dis als deel van ‘n openbare gespreksforum…..elkeen het die reg om sy opinie te lug. Ongure karakters gaan jy altyd kry.
    Ek kies om verby te hou van dié wat my nie aanstaan nie, maar daar’s baie meer wat ek terdeë geniet!

  11. Hou moed LD is so ‘n jaar of wat gelede deur dieselfde storm waters. Dit sal oorwaai as die gespuis net ge-ignoreer word want uiteindelik loop hulle na elders.

  12. Voz jy kon dit nie beter stel nie.
    Agter die gordyne en abusers.

  13. frikve het gesê op Junie 18, 2011

    Hi, Toe ek nog op UV was en ek en my kamermaat raak gefrustreerd met die wêreld, het ons Gym toe gegaan en bokshandskoene aangetrek en mekaar dik gebliksem. Dit klink heeltemal mal maar as ons daarna gestort het en saam sit en koffie drink, het die wêreld om een of ander rede weer OK gelyk. Niemand anders het seergekry nie en mens voel ligter. In blogland kyk ek na die boksgevegte – op ‘n veilige afstand. Die fighters voel dalk ook beter na ‘n scrap.

  14. avega het gesê op Junie 18, 2011

    Ignoreer is die beste geweer. Ek wonder ook soms of ons maar net naief is en die werf gemanipuleer word soos ‘reality TV’.

  15. jannel1 het gesê op Junie 18, 2011

    Almal hamer altyd op vryheid van spraak, maar min besef die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan. As opgevoede en beskaafde mense behoort ons omsigtigtig en versigtig met hierdie “voorreg” te werk.

    Ongelukkig is daar ‘n spul luise wat hierdie voorreg abuse soos ‘n kleuter wat skree: “We-we ek het ‘n gelaaide rollie – julle kan my niks maak nie!”

    Kry jy te veel van hierdie kleuters word die voorreg van vryheid tot spraak ongelukkig later verloor.

  16. loudavisi het gesê op Junie 18, 2011

    Ek het ook al daai gedagte gekry.
    met amperse bewyse, let me tell you.

  17. loudavisi het gesê op Junie 18, 2011

    Dis sad ja.
    Jy stel dit so goed, Voz!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.