by

Gordynlose venters (êrens tussen die lyne deur)

Junie 16, 2011 in Sonder kategorie

Vasgevang agter tralie vensters en ‘n rooi-oog-verklikker in elke hoek. Verdagte geluide in die nag…en swaar gordyne waaragter geen roering wag. Dit is mos hoe ons deesdae lewe, dan nie?

Maar dat ons siel agter ons kykers ook so opwag moet staan, fronsend, bang op skrefies getrek, omdat dit wat ons sien, ons meer verward sou laat… laat my wonder hoeveel van ons trek die gordyne toe, en hoeveel minder is daar wat nog gordynloos deur die vensters staar.

Soms hoor ons wat ander sien, soms sien ons wat ander dalk nie wil hoor…

Maar hier, kan ek presies sien, net dit wat ek wil.

En jy?

Shadow

Fuzzball

3 antwoorde op Gordynlose venters (êrens tussen die lyne deur)

  1. Lyk na pragtige honnegoed.

  2. VozSola het gesê op Junie 16, 2011

    oooooeeeh, glo my hulle is!
    As daai oge maar net kon praat…

  3. zephur het gesê op Junie 17, 2011

    Ons is vasgevang in ons eie sepie…ons speel die hoofrol.

    Ja ok ek praat bollie…maar wat dis omdat dit Vrydag is

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.