by

Maplo(gg)tters

Junie 15, 2011 in Sonder kategorie

Dankie aan diegene wat sulke mooi kommentaar op my vorige pos gelewer het, net jammer letter-dash het dit ge-trash!

So gepraat van LD en hierdie blog gemeenskap, dit laat my regtig aan die maplotters dink…soos sekere mense met hulle japonne en slippers met ‘n branna-coke oor die lemmetjies draad oor die bure met die einste bure skinder! Vuilbek nogal en vuilgedagtes soos daai groottoon-nael wat eerder ‘n grinder nodig het om te vyl…en sowaar nog probeer anatomie lesse daarby in te werk. Dit getuig van uiters swak mensekennis en maniere.

Maar helaas, ek gaan nie onregmatige plakkers op my erf duld nie. Daar is geen manier dat sulke bure my blyplek sal ontsier of intrek neem in die hoek van myse erf nie. Hene tog, ek het duur in woorde betaal vir myse huisie op hierdie erf…

Nogtans is ek baie hartseer om te verneem dat ek oornag buurloos gelaat is, met die onverwagse trek van my nice-ste bure…na ‘n ander buurt. Ek gaan hulle mis!!

Maar nou ja, so beweeg die wêreld aan, maar vir eers verkies ek dit eerder om geheel in eensaamheid hier agter te bly…tot iemand aan my bevestig dat ek nie alleen is nie…

Dis sad.

Dis al.

Ps. Mabloggers – Enter at own risk.

13 antwoorde op Maplo(gg)tters

  1. Vetjan het gesê op Junie 15, 2011

    Hey Voz, moenie worry nie, jy sal sien 🙂

  2. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    Hola daar….ja, ek sal maar kyk!
    🙂

  3. loudavisi het gesê op Junie 15, 2011

    Dankie vir die uitnodiging by my.
    Ek belowe ek sal nie ‘n lastige buurvrou wees nie.
    xx

  4. katrina het gesê op Junie 15, 2011

    Welkom in die kring van die agtergeblewenes 🙂

  5. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    nee, jy sal nooit pla nie!
    ps. as ek koffie het, sal die piesangbrood bring?

  6. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    jislaaik, dit maak ons mos baie spesiaal?
    Cool!

  7. Adage het gesê op Junie 15, 2011

    Gooi hulle uit, blaas hulle ..
    Doen wat jy moet doen.
    As hulle dit regkry om jou te intimideer dan laat jy hulle mos toe om te wen?
    Dis soos ek dink …

  8. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    jy dink reg…
    ps…is dit nie onwettig/gevaarlik om plofstof aan te hou nie? Bang ek blaas meer op as wat ek sou wou…ek moet darem die bridge intact hou vir in case…

  9. wesnwew het gesê op Junie 15, 2011

    ‘n vriendin vertel my noudiedag hoe haar buurvrou haar laat-aand bel en vra dat sy haar man moet uitstuur want hààr man is besig om vir die ander buurman so deur die hek te skreeu hoe hy hom gaan bliksem… Noudat ek daaraan dink dalk is hulle ook bloggers 😉
    Ek gaan ook nou maar eers nog bietjie hier bly.

  10. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    lol!!!(big indian vs little chief!)
    ja-nee…wat ons soms vergeet is dat ons bloggers ook maar boggers kan wees, maar is steeds tog mens…
    Cool besluit!

  11. DallaSePa het gesê op Junie 15, 2011

    lol … baie skerp K!

  12. Ek is nog hier rond…
    🙂

  13. VozSola het gesê op Junie 16, 2011

    Ek’t amper begin bekommerd raak!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.