by

Who do you think you are?

Junie 10, 2011 in Sonder kategorie

Hulle sê jy moet weet waar jy vandaan kom, voor jy weet waarheen jy gaan.

Genealogical navorsing ten spyt, al sit ek hier met myne in hand, beide ouers sin, beteken die meeste vir my niks meer as name op skrif nie. Ja, die eerste het as vryburger in die laat 1680’s hier aangeland. Nie Nederlands soos ons al die jare geglo het nie, maar ‘n Duitse Gobblër wat die eerste vader van die Suid Afrikaanse Grobler/aars was. ‘n Houtkapper nogal. Al weet ek dat 14 van 16 kinders aan my vaderskant in die konsentrasie kamp in Mafikeng omgekom het. Ken ek hulle nie. Ek weet niks van hulle as persone af behalwe kiekies van leë woorde op ‘n toegegroeide graf.

Tog sê hulle, dit is hierdiè mense se lewensbloed wat deur my are bruis en maak wie ek is. Dit is ‘n ongelooflike amazing stelling as ek so daaraan dink.

Wie van hulle het my gesëen of gecurse met die gene wat my Dokter Dinsdag aand so ‘off the cuff, by the way’ genoem het dat ek ten minste 12kg ondergewig is? Duh, nie my skuld dat my matriek jeans nog pas nie…wonder of ek Oupa Grobler of Ouma Snyman daarvoor moet aanvat?

Wonder wie ek moet blameer vir die vroeë grys hare wat skaars na my 17de verjaarsdag kopuitgesteek het. Ek is seker dis Oupa se skuld…en die klein voete…

Wonder wie ek moet aanspreek omdat ek so baie van bome hou, dat groen my gunsteling kleur is. Hoekom woorde vir my so mooi is. Hoekom ek daarvan hou om te lees. Van wie het ek hierdie diepgesette hunkering gekry dat daar soveel meer tot die lewe is as net dit wat my daaglikse lewe volmaak. Die gevoel dat ek op ‘n ander tyd hier moes gewees het…en nie nou nie. Dat ek so ‘n onrealistiese vrees vir verandering het. Die gejaagde gevoel dat ek veronderstel is om iets belangriks te doen…maar elke daad tot dusver was maar bitter klein en totaal onbelangrik.

Soms wonder ek oor die name op die papier. Familie name. Natuurlik het ek myne ook gekry. Susanna Elizabeth. As ek dink aan die troetelname wat ek deur die jare gekry het, Sue, San, Santjie, Soentjie, Buks, SusannA (as sekerse mense die moer in is vir my) selde word my naam as ‘Soe-san’ uitgespreek, maar meeste Suzan, of Suzanne…maar in elk van hierdie name, weet ek wie ek is en watter deel van my aangespreek word. Ek is iemand anders vir elkeen wat my by ‘n ander troetelnaam aanspreek.

Ek het sowat drie jaar gelede op aanvraag van ‘n paar mense griffels op “woes.co.za” gaan plaas. Omdat ek nie onder my naam wou griffel nie, het ek SueEè geskep. Dit is in werklikheid wie ek regig is en wil wees. Susanna & Elizabeth, “è” – wat is. Een komplekse deurmekaar dromer van geaardheid. Een wat waarheid najaag en wat glo in absoluut regverdigheid, ongeag. Een wat die wonder van die lewe net so min verstaan en begryp, as die onmin en onreg in die lewe. Een met drome van môre, terwyl Iemand anders gedurig daardie môre met nog ‘n dag bly aanskuif. Een wat nooit na buite sal huil, maar eerder van binne sal verdrink. Een wat net aanhou en uithou, aanhou en uithou…sekerlik soos een van myse naamgenote voor my ook gedoen het. Aanvaar om te ervaar – ongeag hoe lekker of hoe seer dit ookal mag wees.

Ek wens ek kon vanaand om my ma se kombuistafel kuier met al hierdie mense wat net name in die verlede is. Te kon gesels en te vra. So, wie was jy nou regtig…?, want as die slim mense reg is, dan het ek vanaand geen flippen idée wie ek nou regtig is nie. Ek dink nie ek sal ooit uitvind nie.

Weet jy wie jy regtig is? Of struikel jy ook soms oor die klippe wat deur ander in jou pad geplaas word,(dalk selfs die sondes van onse vaders drie geslagte of meer gelede) om jou van rigting te dwing, daar na wie hulle wil hê jy moet wees?

4 antwoorde op Who do you think you are?

  1. zephur het gesê op Junie 14, 2011

    Lyk my die kommentare het ook verdwyn

  2. DallaSePa het gesê op Junie 14, 2011

    Puik!

    ps – ek het te veel … ek kan vir jou 12 of 24 of 36 gee as jy wil hê … !

  3. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    thnx!
    ps, ek sal net eers 2 neem maar met 36 van die personality on offer!

  4. VozSola het gesê op Junie 15, 2011

    mmm…so met die maan verduister…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.