by

Hoe doofstom is stilte werklik?

Junie 7, 2011 in Sonder kategorie

 

 

Silent treatment? Is dit eerder ’n handeling as behandeling? Het stilte werklik soveel mag – die mag om jouself met die klank van niksheid te omring en ewe saligheid te ervaar?

 

Hoe meet jy dan stilte as die uithoeke van die algehele niksheid ligjare vanuit die donker wurmgat in die hemel, jare later steeds hul met hul stilte in die hemelruim raas?

 

Hoe meet jy dan stilte as die mees stille gedagte van diep uit jou siel so luidkeels op ’n skerm en luidspreker eggo op die toppunt skaal van breinaktiwiteit?

 

Hoe meet jy dan stilte as ’n stille traan so donners hard ’n ander se gees kan breek?

 

Hoe meet jy dan die stilte voor die storm, as dit stilte harder as die storm woed?

 

Hoe meet jy dan stilte as jy dit sou opneem en dit steeds nie geraas kan uitvee?

 

Hoe meet jy stilte van ongesproke woorde, onvertolk maar so loud soos ’n rock-deuntjie, draal dit deur die emosionele heelal vir almal om steeds deur vibrasies van verstaan te voel?

 

Ek staan vandag verstom in die heelal van stilte.

Kan julle dit ook hoor? Of moet ek sagter praat?

 

5 antwoorde op Hoe doofstom is stilte werklik?

  1. HeavyHenry het gesê op Junie 7, 2011

    Ek sê liewers niks nie…

  2. Casper_CV het gesê op Junie 7, 2011

    Daar is niks soos ‘n stil vrou nie. Wat ‘n lawaai.

  3. abrham het gesê op Junie 7, 2011

    stilte in sommige hande – boelie!

  4. lora2me het gesê op Junie 7, 2011

    As ‘n mens net leer om te luister, kan jy baie hoor in die stilte wat oorbly.;)

  5. zephur het gesê op Junie 8, 2011

    Stilte het ‘n klank…dit druis

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.