Fyn en flippen flenters
Mei 16, 2011 in Sonder kategorie
Die volmaanaande was nog altyd vir my spesiaal. Vanaf daardie een aand toe ek 14 jaar oud was en onder die dennebome naby Sabie gekamp het. Daardie een sekonde of dalk een uur, wie sal weet? Wat absoluut ALLES in die heelal en in die lewe op daardie een oomblik saamsmelt en ‘n geheim net aan jou openbaar. Daardie een oomblik van enlightenment! Since, elke keer as ek onder ‘n denneboom deurloop, daardie reuk van dennenaalde ruik of as dit volmaan is, wag ek vir daardie spesiale oomblik…daardie oomblik waar daar dalk nog een ou geheimpie geopenbaar kan word…
Maar, dit gebeur nie meer nie.
Volmaanaande is deesdae net ‘n koue ronde blink bal al hangende in die verre donker…en koue strale van ys na my stuur. Geen geheime deel meer nie.
Vanaand se volmaand het ‘n koue wind met donker wolke alomsingelde tussen die hemel en aarde losgelaat en al die mooi herfsblare fyn en flippen flenters van die bome gestrip.
Dis al.
DallaSePa het gesê op Mei 16, 2011
“Dis al.” … Dis mooi!
zephur het gesê op Mei 16, 2011
koud en donker bring die maan sy vol gesig en loer oor die wolk
VozSola het gesê op Mei 16, 2011
🙁
skuus,
😉
VozSola het gesê op Mei 16, 2011
en lag seker lekker vir my!
loudavisi het gesê op Mei 16, 2011
Kry ek nou ‘n koue rilling langs die ruggraat af.
So mooi geskryf!
VozSola het gesê op Mei 16, 2011
🙂
chiloglanis het gesê op Mei 16, 2011
Ek wonder hoe gaan die volmaan in Beaufort Wes more aand lyk. En in Stellenbosch en oppie Weskus. Sal maar fotos moet post…
VozSola het gesê op Mei 16, 2011
by BfW gaan hy soos ‘n papsak lyk…by Stellenbosch gaan hy agter Jonkershoek wegkruipertjie speel…en oppi weskus, gaan hy langsaam en lobsided hang…verleg met herinneringe van volheid wat oor die water weerkaats…
VozSola het gesê op Mei 17, 2011
Baie dankie vir jou mooie woorderaam om myse prentjie.
🙂