Tippex gesprek
Mei 9, 2011 in Sonder kategorie
As inspirasie aan die galgtou trek
is dit tyd vir die pen om te bloei
in ’n moeisame gesprek tussen
nêrens en papier.
Kol-kol uitgeblot om te
vergewe en nat kolle
van onthou
met nuwe skrywes van
nou-net se herinneringe wat ook
met tyd sal verwaag soos
die geel deur die papier optrek,
die bittergal uit die verlede,
terwyl gedagtes agter die kantgordyn
van sondes skuil
terwyl ander nakend in die son baljaar…
dis net…
skadu’s brand nie goud…
bloukaap het gesê op Mei 9, 2011
hallo jy
VozSola het gesê op Mei 9, 2011
hallo vreemdeling?
VozSola het gesê op Mei 9, 2011
akskies man, sal Saterdag kom, belowe!
VozSola het gesê op Mei 9, 2011
…….
!