by

“The men in black” – ’n Pretoria weergawe

Mei 4, 2011 in Sonder kategorie

  

05h40 – Helfde van die straatligte werk soos gewoonlik nie. Daar is donker-donker skadu-kolle wat elk byna-byna soos ’n boom, ’n plain of ’n trein wil lyk Soos ’n skim uit die nag, verskyn daar skielik ’n figuur, millimeters van my voorste bumper af… en ja, ek pomp nog rem en kan dus nie brag dat my abs werk nie, maar die vet weet, my voete werk beter!

“Fine” vloek ek skelm vir myself…

Nie lank nie, toe is daar drie van hulle. Swart skadu-goeters voor my in die middel van die pad. Hulle beweeg teen

’n spoed van 60 km per uur.

So saam-saam draai ons in Duncan straat in. Ek hou regs, maar hulle ook. Nou beweeg hulle saam-saam oor die strek van twee bane. Ek kan nie links verby en ook nie regs verby.

Hulle beweeg oor die rooi verkeerslig van Schoeman Straat. Maar moes stop by Pretorius, net-net voor hulle onder ander voertuie te beland…

“Snak” haal ek skielik weer asem…

Maar hulle beweeg reguit in ’n draai-baan in Kerkstraat en die hoeters blaas…en die remme skree…en die skimme met hikke en nukke beweeg verder… in die middel baan…netjies langs mekaar, nie eers soos eentjies in ’n ry nie!

“Fine” vloek en skelm en heel uitasem…

Kan ek asseblief aan hierdie ‘men in black” fietsryers vra om asb dalk ’n liggie te kry, dalk shiny-shoes en ’n geel hempie dalk? …sodat ons nie môre in die koerant hoef te lees oor fietsryers wat dit nie gemaak het nie.

Ek ag hierdie drie manne in hulle swart-tight-pakkies bitter gelukkig dat hulle nie ’n statistic of drie geword het nie.

4 antwoorde op “The men in black” – ’n Pretoria weergawe

  1. loudavisi het gesê op Mei 4, 2011

    Dis altyd die motoriste se skuld as fietsryers raakgery word!

  2. TS het gesê op Mei 4, 2011

    … mens moet maar dus as dit donker is tuis bly?

  3. Modigliani het gesê op Mei 4, 2011

    En dan vra hulle “hoekom????”.
    Ek probeer altyd bedagsaam wees vir die fietsryers, maar as hulle so 3/3 of 4/4 langs mekaar ry op ‘n besige pad wil ek die horrie-piep kry.

  4. HeavyHenry het gesê op Mei 4, 2011

    Ouens wat so langs mekaar ry is moer onbedagsaam

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.