by

…as we forgive those…

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

Moet mens diegene vergewe wat nie ander kan vergewe nie?

Ek ken ‘n paar sulke persone wat die lewe vir ander bitter moeilik maak. Hulle is hard-core angry mense. Tot in die siel kwaad vir almal om hulle. Situasies om hulle. Hulle vloek en skel die arme agter-die-till-tannie tot die petrol joggie. Hulle skel en kla oor die regering, die rugby, die nuus, die koerante, die Muslims en die Christene. Hulle is sielskwaad vir hulle families en hulle kollegas. Hulle curse die wêreld om hulle…en vergewe niemand niks. Nie eers hulle eie ouers nie. Dan het hulle nog die ‘reg’ om te kla en te vra en smeek “Hoekom gebeur al hierdie dinge met my? Hoekom doen my besigheid so sleg? Hoekom kan ek nie ook die lotto wen nie, want ander verdien dit nie soveel soos ek nie? Ai, hoekom het die sterre teen my gedraai?”

Ek wil so graag vir hierdie mense skree: “Hou tog net f-ing op! Dit gaan so…want die wiel draai…wat jy saai sal jy maai… Elke curse wat jy spreek, kom vermenigvuldig terug na jou.” Die een keer wat ek dit wel gewaag het, het ek dit amper nie gemaak nie… nou sê ek liewers niks meer nie…maar sal graag steeds wil weet…

Moet mens dan diegene vergewe wat nie ander kan vergewe nie?

Of, is daar dalk ‘n logiese manier waarop hierdie tipe woede-mense gehanteer moet word, sonder dat dit jou as persoon affekteer…sonder dat hulle jou siel droogsuig? Ek probeer hierdie spesifieke persone vermy…maar dit is ongelukkig nie moontlik nie, want ek werk elke dag saam met hulle…en dit maak my moeg.

4 antwoorde op …as we forgive those…

  1. Soos die gebed se, vergewe ons, soos ons ons skuldenaars vergewe. Ons moet dink hoe ons WEL die mense vergewe wat ons kwaad maak, om self vrede en vergifnis te ontvang wat ons vra.

    Maar ek weet hoe jy voel, en mens kan jou nie blind staar nie. En hoe mens voel oor die situasie maak jouself ook een van hulle. Ai dis ‘n nare slegte sirkel.

    Sterkte xxx

  2. TS het gesê op Mei 2, 2011

    ja hiervoor wil ek 10 sterre gee want ek het hieroor al baie gewonder!

  3. Sulke mense is uitmergelend en moet vermy word indien moontlik.

  4. DallaSePa het gesê op Mei 3, 2011

    Praat jy … !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.