Ek’t ook vergeet…
Mei 31, 2011 in Sonder kategorie
Ek lees nou aan Zepman se BBday storie…en het agtergekom ek’t ook my BBDay vergeet (21 May 2009) Dit was lekker om weer Myse eerste inskrywing…te lees…en te wonder…
Wie is hierdie skrywer?
Toemaar…meeste van die tyd as ek weer my eie ou griffels raaklees, dan wonder ek keer op keer dieselfde…wtf?
En glo dat ander ook somewhere along the line seker so dink…
Maar dis okay…dit is blogland hierdie…enige blanko-bladsy op ‘n skerm is oneindig vrugbaar as daar letters op geplant word…hoe die letters groei, is immers nie beheerbaar van die selfdekant van die skerm nie…
Ja, okay, onkruid groei net so welig…ek probeer regtig hard om elke dag my bossies uit te trek…
Onlangse kommentare