…selfs die skreiende skandes is ook nou moer toe!
April 26, 2011 in Sonder kategorie
Vergete is die skandes van die families, weggesteek agter die kantgordyn in ’n afgeleë huisie êrens in die Karoo.
Vergete is die ongehude moeder van drie kinders by vier vaders.
Vergete is die daggasmous om die hoek.
Vergete die gebroke spuite en gebroke babas op die ashoop.
Vergete is die onskuldige pen neem by die werk, want dit is hoe dit hoort.
Vergete is die onbetaalde hulpvaardigheid omdat jy dalk iemand êrens ken wat vir iemand anders aanbeveel kan word.
Vergete is die verkragting en molesteering van kinders in die families…”deal with it”
Vergete is die getroud tot die dood ons skei. Vergete is die wet van een man en een vrou…in gemeenskap.
Vergete is die hippies en hul ‘preach for freedom and love’
Vergete is dit om dinge vir ander te doen, en nooit vir eie gewin nie.
Vandag, is dit ’n skreiende skande om te sê; “nee, dis okay, jy skuld my niks, ek doen dit met liefde”, of “ek help graag”.
Vandag is dit ’n skreiende skande om nie ’n affair te hê nie. “haai, het jy nog nooit probeer nie?”
Vandag is dit ’n skreiende skande om ’n gewete te hê.
Vandag is dit ’n skreiende skande om compassion vir enige iemand of situasie te hê.
Vandag is dit ’n skreiende skande om morele waardes uit te leef.
Vandag is dit ’n skreiende skande om ander mense met respek te behandel.
Vandag is dit ’n skreiende skande om ’n koffie of koeldrank by ’n werksfunksie te bestel…”you are a real pissy…and a spoil sport”
Vandag is dit ‘n skreiende skande om nie omkoopgeld in jou bankrekening te hê nie.
Vandag is net ’n skreiende skande.
Dis al.
Môre gaan ek selfsugtig wees.
Onlangse kommentare