by

Why I hate Mondays en ander dinge

Maart 28, 2011 in Sonder kategorie

Maak nie saak hoe hard jy op Vrydag gewerk het om jou week se werk op datum te bring nie…presies sodat Maandag oggend op ‘n Maandag oggend kan begin…hene, dit werk net nooit! Ek was selfs op die heilige Sondag middag daar, om ‘n belangrike kontrak klaar te maak…steeds voel dit of my Maandag op ‘n Donderdag begin het…!!!

Nog meer is die ontydige ‘happy-weekend-chats’ wat op jou afstorm juis wanneer jy op jou besigste is…en mens wil mos nou nie ongeskik wees nie… Op die ou-einde van die dag, sit jy teen ses uur saans, alleen op kantoor, om al die dag se werk in te haal…maar steeds wil mens mos nie ongeskik wees en sê; ‘kan ons dalk later chat, want ek is op die oomblik besig.’

Maar nou ja, ek staan seker weer alleen in hierdie opsig, so ekke gaan nie verder moan nie, want ek weet julle wil ook nie ongeskik wees, en sê; ‘ag whatever…’ nie!!!Sealed

My ouers vier Sondag hulle 47ste huweliks herdenking. Vrydag aand kom hulle kuier. Saterdag aand gaan ek en Moeder Neil Diamond kyk. Sondag ry hulle weer terug. Kan nie meer wag nie! Ek sien my ouers baie min…werk en distansie is ‘n probleem.

Hoe kan twee mense so lank getroud wees? Mmm…ek het hulle gevra, maar hulle weet ook nie…dit het maar net so in die jare aangeloop, sonder die daaglikse besef hoe lank dit is! Sjoe, ek kan nie eers so ver dink nie…skrikwekkend as my sou vra!

Miskien werk so ‘n lang huwelik soos die denkproses… Jou siel hunker gedurig…na dinge wat jou hart voel…maar sodra jou siel ervaar wat jou hart voel, bly die eggo draal…en as die eggo weerklink, het die siel ervaar en is uiteindelik vir ‘n wyle tevrede… Ek dink hul siel is tevrede. Dit is wat ek dink…

Aan die anderkant, dink ek dalk te veel…miskien is ons hart en siel meeste van die tyd nie op dieselfde stasie nie…en sal ewig soekend bly…

8 antwoorde op Why I hate Mondays en ander dinge

  1. Maankind2 het gesê op Maart 28, 2011

    Ek dink hul siel is tevrede. Dit is wat ek ook dink

  2. loudavisi het gesê op Maart 28, 2011

    Ek is al 37jr getroud,
    ek weet ook nie hoe nie – dink miskien nie daaraan nie, as jy weer sien is dit tyd verby.

  3. VozSola het gesê op Maart 28, 2011

    XXX!!!

  4. VozSola het gesê op Maart 28, 2011

    sjoe, well done!
    ekke trek nou eers by 16…the road is long…dink ek altyd…maar dit is nie…soos jy sê!

  5. TS het gesê op Maart 28, 2011

    Ek dink hulle het minder issues

  6. VozSola het gesê op Maart 28, 2011

    miskien?
    Maar almal het maar issues…

  7. Geitjie1 het gesê op Maart 28, 2011

    Geniet Neil Diamond, en sê vir hulle geluk! Dis merkwaardig.

  8. bloukaap het gesê op Maart 29, 2011

    ……..al soek dit vanuit ondergrondse tonnels …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.