by

Bullie beef vs. a tossed salad

Maart 23, 2011 in Sonder kategorie

Hoekom voel dit asof daar soms net die bogenoemde op die menu is? As jy nie krag het vir die een nie, moet jy noodgedwonge die ander neem, anders vrek jy van die honger. Sommige mense het ook geen skaamte nie, en eet sommer van beide, elke dag. Ander het nie ‘n keuse nie, en raak ongesond vet en sukkel-sukkel die lewe reg met ‘n Rennie!

Maar geen Rennie werk die sooibrand van emosionele bullies en saai slaai mense nie teen nie.

Tensy julle ‘n anderste soort van medisyne ken wat die effek van sulke ongesonde daaglikse spyse kan tee werk…want die vet weet, ek kan nie meer sulke mense verstaan nie. Dit is meestal mense saam met wie jy daagliks professioneel mee moet omgaan, dus kan mens nie anders om dankie te sê en swaar te sluk aan wat voor jou geplaas word nie. Ek kan nie die spyskaart verander nie, maar sekerlik kan ek dit meer verteerbaar maak…maar hoe?

3 antwoorde op Bullie beef vs. a tossed salad

  1. zephur het gesê op Maart 24, 2011

    Draai die menu om…

  2. bloukaap het gesê op Maart 25, 2011

    soms moet die siel op ‘n eet-staking aandring

  3. VozSola het gesê op Maart 25, 2011

    Jip, presies wat ek nou doen…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.