Ode aan gedagtes
Maart 21, 2011 in Sonder kategorie
Die kreukelballe met
hul snip-snip woorde
speel ring a ring o roses om
die pote van
die aanskryftafel nes
die sneeubal sneespapier
met opkladtrane wat
die boksie vul;
die einde van
‘n geesgenoot se blomtyd word
verewig tussen ons
tot halwe bladsy of
dalk tien gepars
©
TS het gesê op Maart 21, 2011
Ek hou van
VozSola het gesê op Maart 21, 2011
hey, thanks,
dankbaar, soos altyd.
😉
zephur het gesê op Maart 22, 2011
Dis Herfs
bloukaap het gesê op Maart 22, 2011
werklik treffend
VozSola het gesê op Maart 22, 2011
;-))
VozSola het gesê op Maart 22, 2011
Baie dankie!