by

O toggie, wat nou?

Maart 16, 2011 in Sonder kategorie

Sowat ‘n maand of wat gelede was alles nog fine…

Vanaand toe ek van die werk af kom, my skoene uitskop en kleinding (ingeplug op ‘n ander tiener kanaal) my kom groet, sien ek daar is ‘n probleem. Sommer ‘n groot een!

Ek roep hom kamer toe. Maak hom voor die spieël staande. Ek staan effe agter hom. Toe langs hom, toe voor hom…maak nie saak hoe ekke probeer nie, hy bly langer as ek. Wanneer het dit gebeur?

Kleinding het oornag groot geword. Dertien jaar het verby gevlieg. Sommer so. Stemmetjie breek hier en daar as hy opgewonde raak… en ek besef (met trots natuurlik, maar steeds met ‘n traan wat êrens agter die oog vassteek) dat ek nie meer kleinding se ma is nie…maar ‘n moeder van ‘n wonderwerk.

Sowaar!

15 antwoorde op O toggie, wat nou?

  1. Berwick het gesê op Maart 16, 2011

    Welgedaan!

  2. loudavisi het gesê op Maart 16, 2011

    Wow!
    Die lekkerste is as ek skouer teen skouer langs my seun staan, en ek moet opkyk na hom.

  3. TS het gesê op Maart 16, 2011

    Ag hoe lekker. Hierdie tieners is mos die interessantste mense

  4. louisna het gesê op Maart 16, 2011

    Jy maak hom mooi groot. well done

  5. Maankind2 het gesê op Maart 16, 2011

    Dit is ‘n verskriklike dag!

  6. My baba is 14 en reeds langer as ek.

  7. melvanas het gesê op Maart 16, 2011

    As daai stem eers breek DAN IS DIE GORT GAAR!

  8. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    ;-)!!

  9. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    Jip,
    soms kan ek nie glo ek is ‘n ma nie…!
    Sal nog baie raad by jou kom leen!
    xxx

  10. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    jip, Interessant is a under statement, as jy my vra…!!Hulle is ongewoon wonderlik!

  11. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    Haai, thanx Ouboet!

  12. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    Soos jy sê!
    xxxOOOxxx

  13. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    hola daar!

  14. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    En skielik voel ons dan so klein?
    Ek doen.

  15. VozSola het gesê op Maart 16, 2011

    dankie vir die waarskuwing!!!
    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.