by

mmm…

Maart 13, 2011 in Sonder kategorie

Ek het ‘n week laas hier gedraai…is terug by die werk na sewe weke siek verlof, dus, is dit weer net werk, werk, werk, werk…maar nou ja. So moet ons mos mos swoeg vir onse almoese…en soms wonder jy of dit regtig die moeite werd is… Ek is dankbaar date k ten minste ‘n werk het. Glo my, ek is. Maar as jy dag na dag twaalf ure ‘n dag werk…en aan die einde van die maand, steeds op jouse overdraft sonder kleingeld te moet oorleef, dan wonder mens.

Ek sien julle speel nou slim speletjies. En die res van blogland staan darem nog. Dis goed om te weet.

Die beste nuus kanaal tans op DSTV is RT – Russia TV. (net so by the way)

Gister se match, top nou die beste match van die CWC (Tweede is steeds IND vs ENG)

Ons moet werklik soms stilstaan en dankie sê dat ons in ‘n land bly wat byna nooit deur natuurrampe geteister word nie..al staan ons steeds weerbaar teenoor die natuur, want die wêreld is eintlik maar donner klein in hierdie heelal.

Nou ja. Ek het kom hallo sê, en nou moet ek gou ‘n paar stukkies verlore werk van laasweek inhaal…om my Maandag op ‘n skoon bladsy te kan begin.

Skoon blaaie vir julle week ook! (net nie julle blogblaaie nie!)

7 antwoorde op mmm…

  1. Maankind2 het gesê op Maart 13, 2011

    Jammer jy het nie saamgespeel nie, dis great fun!

  2. loudavisi het gesê op Maart 13, 2011

    Bly jy is weer up and about, Voz.
    Lekker werk.
    xx

  3. louisna het gesê op Maart 13, 2011

    Welkom terug.

  4. VozSola het gesê op Maart 13, 2011

    Hallo Ouboet.
    Kyk uit vir my volgende post…

  5. VozSola het gesê op Maart 13, 2011

    Hallo,
    Dankie baie,
    en mooi week vir jou ook!!!!
    xxx

  6. VozSola het gesê op Maart 13, 2011

    oh, eers het my internet geldjies opgedroog…en toe my tyd…
    sal weer kom loer…

  7. louisna het gesê op Maart 13, 2011

    Ek wag in spanning.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.