Wat gebeur as gedagtes wil treinry?
Maart 7, 2011 in Sonder kategorie
1. Koop DADELIK ‘n kaartjie.
2. Beste is die Return to nowhere roete.
3. Maak seker jy het alles wat nodig is ingepak. (En nog meer)
4. Maak seker jy het ‘n back-up van gedates in jou handbagasie.
5. Wees altyd vyftien minute voor die vertrek tyd by die stasie.
6. Moet nooit wonder of jy alles ingepak het nie…wat jy vergeet het, word soms in oormaat aan jou deur die loop van die
reis beskikbaar gestel.
7. Moet nooit baklei vir die beste sitplek nie, maar juis vir die mees ongeleë sitplek…dis maklik om daardie sitplek te eien…
dit is die laaste sitplek wat oop is…en dit is ALTYD die beste sitplek vir jou reis.
8. Sit terug and enjoy the ride.
9. Met aankoms, maak seker om onmiddelik jou gedagteplakboek met woorde te beplak.
10. Fluit-fluit…nog ‘n trein staan gereed…
…wie van julle wil met hierdie een saamry?
Ps…die enigste gevaar op hierdie roete is: die gevaar om slaap-slaap saam te ry…en jou gedagtes tussen die spore agter te laat. Dit is baie hartseer as dit gebeur…en tog dit gebeur so gereeld…
En nog belangriker…moet nooit-ooit die trein terug verpas nie!
Berwick het gesê op Maart 7, 2011
Ek het die eerste een verpas.
😉
VozSola het gesê op Maart 7, 2011
!!!
Hoekom so stil, ekke?
VozSola het gesê op Maart 7, 2011
…daar sal altyd nog ‘n trein verby kom, as jy wil wag…-met ‘n kaartjie inni hand…
Maankind2 het gesê op Maart 7, 2011
Ek wil ‘n privaat kompartement hê asb…
VozSola het gesê op Maart 7, 2011
mmm…inruil vir dubbel gedagtes…
xxxOOOxxx
Doubtingthomas het gesê op Maart 8, 2011
Well said, dear madam!
🙂
bloukaap het gesê op Maart 8, 2011
die lewe is my verby, maar ek hoor soms die stoomtrein gefluit